Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sinode kry sy eie lied

U nooi ons in, ʼn lied wat die Esegiël 47-tema vasvang, is spesiaal vir die Buitengewone Algemene Sinode 2016 geskryf.

Só vertel ds Faani Engelbrecht, sangleier van dié Sinode se band en bestuurder van Bybel-Media Musiek.

Hy sê dr Nico Simpson, hoof van publikasies by Bybel-Media, het die woorde geskryf en dr Siegfried Louw, van die NG gemeente Proteahoogte, het gesorg vir die melodie.

U nooi ons in is geskryf vir voorsang tydens die sinode, maar die bladmusiek gaan ook na afloop van die sinode gratis beskikbaar gestel word aan gemeentes, sê Engelbrecht. Hy sê die multitrack (backtrack) van dié lied sal ook later by Bybel-Media beskikbaar wees.

ʼn Video van die lied is vanoggend op YouTube gelaai. Op die video word gewys hoe Simpson die grafika, wat spesiaal vir die sinode geskep is, teken.

Volgens Faani is die musiek van die video eers die Saterdagaand voor die sinode klaar opgeneem.

Volg hierdie skakel om die video te kyk.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top