Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Jeugwerker: Senior-Jeug en Jong Werkende Lidmate
Sluitingsdatum: 25 November 2016
By Suider-Paarl-gemeente glo ons die Here het ons geroep om vir Christus, vir mekaar en vir ander te dien en te bedien.
Die toerusting van ons jongmense is een van die dryfvere van die gemeente en ons het reeds ’n dinamiese kinderkerk- en tienerbediening. Ons is oortuig dat die Here ons roep om hierdie bediening uit te brei en ook ’n bediening vir ons jong werkende lidmate te vestig, binne die konteks van die gemeente se visie.
Die suksesvolle kandidaat sal ’n geestelike tuiste skep vir tieners en naskoolse jongmense deur die bou van vertrouensverhoudings en deur leiding te neem met die geestelike groei van die groep. Die pos sal fokus op die volgende vier areas: Bediening, skakeling, toerusting en beplanning.
Ons ideale kandidaat is lief vir die Here en het ’n passie om met jongmense te werk, is entoesiasties, kreatief en tree met integriteit op. Vaardighede sluit in: sterk interpersoonlike vaardighede en mensverhoudings, vriendelike en professionele hantering van mense, ’n goeie netwerker, beplanner en organiseerder. Rekenaargeletterdheid en musikale aanleg sal tot die kandidaat se voordeel wees.
Indien jy belangstel, stuur jou CV na Madeleine Fourie by admin@suiderpaarl.co.za voor 25 November 2016.
Vergoeding met die sinodale skaal as riglyn sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Die gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
