Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
PSD: Predikantebegeleiding
Sluitingsdatum: 27 Januarie 2017 om 12:00
Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n PSD: Predikantebegeleiding bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.
Die PSD: Predikantebegeleiding neem verantwoordelikheid vir:
- Die begeleiding van predikante en teologiese studente ten opsigte van persoonsontwikkeling en geloofsgroei.
- Die oorsig oor die pastorale versorging van predikante en hul gesinne wat insluit: ondersteunende besoeke, terapeutiese gesprekke, gesinspastoraat en verwysing na kundiges.
- Die roepingsbegeleiding met predikante om bedieningsvreugde en missionale leierskap te verseker.
- Die begeleiding van predikante en gemeentes ten opsigte van hul onderskeie geloofs reise.
- Die bestuur van die begeleidingsentrum vir predikante.
- Navorsing gemik op die ondersteuning en begeleiding van predikante, sowel as die voortgesette ontwikkeling van materiaal hiervoor.
- ’n Ondersteunende rol by verskeie aksies saam met Diensgroep: Gemeentebegeleiding.
Die ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant in die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen:
- Toepaslike akademiese opleiding en genoegsame lewenservaring.
- Bewese ondervinding van gemeentebediening.
- ’n Passie, roeping en vaardigheid om predikante te begelei.
- Bekwaamheid om verhoudings en netwerke te bou.
- ’n Persoonlikheid wat vertroue en respek inboesem en terselfdertyd meelewing en pastorale sensitiwiteit uitstraal.
- Bewese en uitstekende kommunikasie- en fasiliteringsvaardighede.
- Strategiese denke wat groter patrone en tendense kan raaksien.
- Opleiding in die kliniese pastoraat is nie ’n vereiste nie, maar sal die aansoek versterk.
Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.
Rig ’n volledige CV voor 27 Januarie 2017 om 12:00 aan:
Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne (Kenny Raats), NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville 7535.
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za of skakel 021 957 7104.
Heg ook ’n bondige voorlegging van maksimum twee bladsye aan waarin u uiteensit hoe u die voorgenome rol as PSD: Predikantebegeleiding, asook die uitvoering daarvan vir die volgende twee tot drie jaar sien.
Persoonlike navrae kan gerig word aan:
Dr Theo Swart (lid van die Taakspan: Predikantebegeleiding) by 083 457 1647 óf ds Gielie Loubser (die diensgroepkoördineerder) by 083 234 2178.
