Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Ermelo-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

Sluitingsdatum: 31 Desember 2016

Gemeenteprofiel:

Ermelo-Oos-gemeente is een van die NG gemeentes in Ermelo met ongeveer 450 betrokke lidmate en twee voltydse gemeenteleiers. Ons is ’n gemeente wat graag gelei word deur die Heilige Gees en vind vreugde daarin om sy sigbare werke in ons midde te beleef; is vernuwend in lofprysing; wil die Bybel bo alles gehoorsaam as die onfeilbare en onveranderbare Woord van God; ywerig om dissipels te maak en is betrokke by sen­ding wêreldwyd; leef onderlinge liefde vir mekaar uit met gasvryheid, kleingroepe en gemeentelike samekomste in eenheid met die res van die Liggaam van Christus. Ons ervaar as roeping om onder leiding van die Heilige Gees nuwe grond oop te breek as spiespunt vir herlewingsmomente wat God in sy Liggaam wil bewerk.

Leraarsprofiel:

Die gemeentebestuur nooi finalejaarstudente wat gedurende November 2016 gelegitimeer word, proponente en geordende leraars van die NG Kerk, om aansoek te doen vir ’n pos as een van die gemeenteleiers. Daar sal definitiewe voorkeur gegee word aan aansoekers wat nie ouer as 35 jaar is nie.

Die volgende word as vereistes gestel:

1. ’n Hart vir vernuwende leiding en werking van die Heilige Gees.

2. ’n Passie en visie vir dissipelskap.

3. ’n Ekumeniese visie en doelbewuste verhoudingsgerigtheid met alle ander Christengemeentes, oor kleur- en denominasionele grense.

4. Bereid om te vereenselwig met die identiteit en roeping van die gemeente.

5. Aanleg vir prediking en algemene pastoraat.

6. Entoesiasme vir bystand met gemeenteprojekte, uitreike, kampe en jeugwerk.

7. Hantering van gedelegeerde gemeentebestuurstake in samewerking met die ander twee voltydse geestelike leiers in die gemeente.

Aard van pos: Twee jaar-kontrakpos met vooruitsigte op permanente aanstelling.

Aansoeke: Gerig aan die gemeenteleier by andre@ermoos.co.za vergesel van:
* ’n Onlangse CV met kontakbesonderhede van minstens drie referente.
* ’n Voltooide vraelys wat by die gemeentekantoor beskikbaar is, kontak Ewalda 017 811 6066/7.

Sluitingsdatum van aansoeke: 31 Desember 2016.
Die gemeentebestuur sal die aansoeke in Januarie 2017 oorweeg en verwerk.
Die gemeentebestuur behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Navrae: André Vermeulen, sel: 083 629 4189 of e-pos: andre@ermoos.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.