Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Daniëlskuil

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: 2 jaar vastetermyn leraarspos (verlengbaar)

Sluitingsdatum: 15 Januarie 2017

GEMEENTEPROFIEL: Daniëlskuil Gemeente is ’n tipies-plattelandse, pastorale, gemeente in die Noord-Kaap, verteenwoordigend van ons mynbou, boere en dorpsgemeenskap. Ons het 370 belydende en 94 dooplidmate, en is sowat 170 km wes van Kimberley geleë.

LERAARSPROFIEL: Ons het ’n behoefte aan ’n leraar wat gemeentegroei kan realiseer. Hy/sy moet gemaklik as dissipel, mobiliseerder en fasiliteerder kan funksioneer.

Die suksesvolle kandidaat verrig sy/haar dienswerk in die gemeente:

  • As ’n gelegitimeerde, teologies-konserwatiewe, geesvervulde leraar, wat die evangelie Skrifgetrou verkondig en die gereformeerde belydenis van die kerk onderskryf.
  • Deur die gemeente te begelei tot geestelike groei en diensbaarheid in die Koninkryk van God.
  • Ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde
  • As dienskneg, wat bekwaam en gewillig is om pastoraal verhoudinge uit te bou en oud en jonk se geestelike belange vernuwend te kan dien.
  • Deur bedieningsontwikkelings te identifiseer en te begelei.

VERGOEDING: In ooreenstemming met die Sinodale riglyne: Skaal 1, onderhandelbaar.

AANSOEKE:

  • Moet vergesel wees van ’n bondige CV, wat twee verwysings insluit, asook die vroegste datum waarop diens aanvaar kan word sou die aansoek suksesvol wees.
  • Kandidate op die kortlys moet:

o Bereid wees om op koste van die gemeente ’n erediens waar te neem, waarna ’n onderhoud gevoer sal word.

o Psigometriese toetse aflê.

  • Sluitingsdatum van aansoeke is 15 Januarie 2017.
  • Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na: ngdk@telkomsa.net

NAVRAE: Telefonies by voorsitter van die kerkraad, Bart Daffue: 083 406 0429.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.