Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Houtbaai Gemeente

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Deeltydse leraarspos

Keerdatum: 10 Februarie 2017.

’n Ongewone pos vir die ongewone persoon.

Gemeenteprofiel:

Ons is op 1 Junie 2014 gestig. Ons familie van 160 is tweetalig, veelrassig en heelparty was tot onlangs nog kerkloos. Ons Praise-and-Worship met elektriese kitaar en dromme en ons styl en kleredrag is informeel, in pas met ons kusdorp. Kinders en “soekers” is vir ons belangrik. Ons doelwit is om die amp van gelowige te vestig in ’n liggaamsmodel. Ons bedien deur groepe, reik uit in ons gemeenskap en het ’n aktiewe sendingaksie.

Ons gemeentevisie is: Jesus vir ander deur ons, en ons waardes is:

Unconditional Acceptance • Onvoorwaardelike aanvaarding van alle mense

Genuine Caring • Opregte omgee vir mekaar

Sharing • Mededeelsaamheid

Accountability • Verantwoordbaarheid

Hope • ’n Lewe van hoop

Leraarsprofiel en pligte:

• ’n Vars uitdrukking van kerkwees en voortdurende innovering, wat inslag vind by ons konteks;

• ’n Inklusiewe gemeentekultuur ten opsigte van die groot verskeidenheid in ons gemeente en die vallei;

• Ons lidmate woon in Houtbaai, Hangberg, ImizamoYethu, Llandudno, Kaapstad en sy suidelike voorstede. Moet bereid wees om lidmate en kerkloses oor dié wye geografiese gebied effektief te bedien;

• Die uitbou van verhoudings en netwerke in die gemeenskap met die kerke en NGO’s.

• Ons huisves Hout Bay AFD en die AA vergader in ons kerk.

• Ons het kerkraad van spanleiers, met ’n jeug- en familiebediening, ’n erediensspan, hulpverlening en getuienisbediening.

Ons uitdaging is veral betrokkenheid in ’n besige stadslewe en die groeipyne as ’n nuwe gemeente.

Vergoedingspakket sal afhang van diensure. Jaarbegroting tot R360 000 onderhandelbaar.

Pastorie beskikbaar op terrein.

Keerdatum: 10 Februarie 2017.

(Huidige leraar word voltydse sendeling vanaf einde Januarie 2017.)

Navrae: Carel de Ridder 083 700 0311 (ook WhatsApp) of carel@westerford.com

Aansoek aan: hbgemeente.leraar@gmail.com

www.houtbaaigemeente.co.za Sola Scriptura – Semper Reformanda

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.