Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE – GROOTVLEI

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar – Vier jaar vastetermynpos vanaf 1 Mei 2017

SLUITINGSDATUM: 25 FEBRUARIE 2017.

Die kerkraad adverteer in biddende afhanklikheid die pos van leraar van die gemeente.

GEMEENTEPROFIEL:

1. Grootvlei is ’n klein plattelandse gemeenskap, geleë in Mpumalanga, op die grens met Gauteng.

2. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit ’n klein dorp, Eskom en boerderygemeenskap, asook ’n beduidende getal pensioenarisse wat in die dorp woonagtig is.

3. Die gemeente bestaan uit sowat 270 belydende en dooplidmate.

LERAARSPROFIEL:

1. Kan ’n gelegitimeerde proponent of leraar van die NG Kerk wees.

2. Moet effektief in spanverband kan saamwerk.

3. Moet die gemeente deur Skrifgetroue prediking kan inspireer om hulle roeping met oorgawe in die gemeenskap uit te leef.

4. Moet ’n passie hê vir God en vir mense.

5. Moet entoesiasties wees vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met die lidmate: huisbesoek en fondsinsamelingsaksies.

6. Verantwoordelik om basiese take uit te voer soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.

7. Sterk administratief georiënteerd wees.

VERGOEDING:

1. Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met posvlak 1 van die sinode as riglyn.

2. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie waarin die suksesvolle kandidaat moet woon.

AANSOEKE:

1. Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV met drie referente. Vermeld in aansoek u drie bedieningsvoorkeure.

2. Kandidate wat die kortlys haal moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud (saam met eggenoot/eggenote indien getroud) en ’n preekbeurt.

3. Stuur aansoeke aan: DIE PRE-ADVIESKOMMISSIE

E-POS: marthen@telkomsa.net

FAKS NA E-POS: 086 293 7680

SLUITINGSDATUM: 25 FEBRUARIE 2017.

NAVRAE: Kevin Coetzee 082 825 7152 of ds Nico Boshoff 078 274 6817.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.