Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Barkly-Wes

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: NG gemeenteleraar

Sluitingsdatum: CV voor of op 15 Februarie 2017. Stuur ook asseblief ’n kort video (maks 5 min, professionaliteit is nie belangrik nie) oor jouself.

Diensaanvaarding: 1 April 2017 of so gou as moontlik.

Adres: E-posadres: kantoor@ngkerkbarklywes.co.za Kerkkantoor: Annelie Kennedy: 053 531 0637.

Kontakpersone:

1. Leierouderling: George Moorcroft: 082 775 6294

2. Voorsitter Gemeentebediening: Mev Kallie de Bruyn: 083 264 2126

3. Voorsitter Finansies: Kenne de Kock: 082 440 0600

Koos Badenhorst: 083 451 1003

4. Voorsitter Diensverhoudingekommissie Frans Vorser: 073 053 2678

Gemeenteprofiel:

Barkly-Wes is langs die pragtige Vaalrivier, baie gerieflik geleë en ongeveer 35 km van Kimberley. Die gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit ’n boeregemeenskap en ander besighede soos diamantmyne en wat daarmee gepaard gaan. Die Jannie Roux-Kinderhuis met ongeveer 80 kinders is al jare deel van die gemeenskap. Barkly-Wes gemeente beskik tans oor 225 lidmate en Smithsmyn oor 20 lidmate met sy eie kerk en is ongeveer 30 km vanaf Barkly-Wes. Die gemeente beskik oor ’n groeipotensiaal. Hoërskool Vaalrivier is ’n gekombineerde skool met ongeveer 500 leerlinge onder die bekwame leiding van me Elmarie de Bruin.

Leraarsprofiel:

 

1. Legitimeerde van die NG Kerk wat Skrif- en belydenisgetrou is en wat ook erns maak met die kerklike jaar.

2. Iemand met baie energie, met entoesiasme wat deur geloofinspirasie die vermoë het om die gemeente met alle ouderdomsgroepe na hoёr hoogtes te neem.

3. Die gemeente is in ’n heropboufase en beskik oor toegewyde lidmate wat met die genade van die HERE, asook die regte geestelike leierskap kan groei tot hoёr hoogtes van diens en getuienis.

4. Hierdie pos is spesifiek vir iemand wat kans sien vir ’n uitdaging in samewer­king met die kerkraad.

Vergoeding: Vir verblyf word ’n ruim pastorie op die walle van die pragtige Vaalrivier aangebied tesame met ’n onderhandelbare vergoedingspakket volgens sinodale skaal.

’n Kandidaat wat vir ’n onderhoud genooi word moet bereid wees om ’n psigometriese toets af te lê. Indien ’n kandidaat geen terugvoering ontvang voor 28 Februarie 2017 nie, beteken dit die aansoek was nie suksesvol nie.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n beroep uit te bring of die vakante pos te vul nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.