Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wat sê ander kerke?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

H Wessels van Mosselbaai skryf:

As meelewende NG lidmaat loop ek al ’n geruime tyd met baie vrae en min sekerheid oor die kwessie van selfdegeslagverhoudinge.

Ek luister, ek lees, ek weeg argument en teenargument teen mekaar op, ek vervies my vir liefdelose woord­aanvalle deur my eie kerk se mense op mekaar, ek probeer om oordrewe emosionele verhale objektief te evalueer, ek bid, ek kry jammer maar ek weet nie meer na watter kant toe nie.

Dis so jammer dat die NG Kerk weer oor ’n baie netelige saak alleen in die spervuur is. Miskien is dit waar my versoek vandaan kom aan enigiemand wat met gesag kan antwoord.

My vraag is: Waar staan die NG Kerk met sy hui­dige siening oor selfdegeslagverhoudings ten opsigte van ander Christelike denominasies? Sekerlik sal alle denominasies hieroor ook duidelike beleid of besluite al geneem het?

As NG Kerk leef ons tog nie op ’n eiland nie en is dit my mening dat ons, in ons huidige totale onsekerheid en verdeeldheid, gerus by andere kan gaan kers opsteek. Met respek, ons teologiese navorsers is tog nie die enigste mense wat hieroor besin nie.

Wat sou die amptelike siening van ander bekende, groter en kleiner denominasies wees? Ons bely immers dat ons glo aan een algemene Christelike kerk en daarom kan daar gerus selfs wyer as net by die gereformeerde belydenis hieroor ook nagevors word.

As ek ’n nugter en weldeurtrapte “navorsingsverslag” hieroor sou kon lees, sal dit nie net baie help om ons kerk in ’n veel wyer konteks te plaas en te verstaan nie maar ook om ’n weloorwoë besluit te kan neem oor waar ek my bevind in hierdie onstuimige vaarwaters.

Ek smag daarna om net weer vrede en rus in my gemoed te kry.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top