Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Reformasie 500

Vanjaar vier Protestante regoor die wêreld die halfmillenniumfees van die Kerkhervorming.

Ons dink terug aan Martin Luther wat sy 95 stellinge teen die deur van die kasteelkerk in Wittenberg vasge­spyker het, maar ook aan Calvyn en ander persone en ge­beure wat die Reformasie moontlik gemaak het.

Dit is ’n geleentheid wat ons met balans en perspektief moet benut.

Aan die een kant vier ons dit, want die kerkhervor­mers het vir ons gewys waar lê die wortels wat ons van­dag nog voed.

Aan die ander kant sluit ons nie ons oë vir die foute wat met die Reformasie gemaak is nie.

Aan die een kant hou ons vas aan die kern van ons geloof soos die Reformasie dit uitgewys het: Jesus Christus is ons Here. Hy alleen is die Verlosser wat slegs uit genade sondige mense met die drie-enige God versoen. Hy is die Een vir Wie ons volg, die Een wat vir ons wys hoe ons moet lewe. Die Bybel is God se Woord, ook vir ons, vandag.

Aan die ander kant is die Hervormers se oortuigings nie alles vir ons absolutes nie. Ons dink anders as hulle oor byvoorbeeld die rol van vroue in die kerk, oor sla­wer­ny, oor die verhouding tussen kerk en staat.

Die kerk en die denke van die Hervormers is vir ons ’n inspirasie en ’n rigtingwyser, maar nie ’n bloudruk wat tot in die fynste besonderhede nagevolg moet word nie.

Die viering van die Reformasie is ’n geleentheid om terug te kyk na hoe ons gereformeerde voorvaders die beginsels van ons gemeenskaplike geloof in hulle tyd verstaan en toegepas het. Dit is ook ’n geleentheid om vorentoe te kyk na hoe ons daardie beginsels in ons tyd verstaan en uitleef.

Mag ons dit so benut. Soli Deo Gloria!

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top