Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE ALIWAL-NOORD

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse medeleraar tussen 30-45

SLUITINGSDATUM: 31 Maart 2017.

GEMEENTEPROFIEL:

Aliwal-Noord is ’n plattelandse gemeente geleë tussen Bloemfontein en Queenstown in die Noordoos-Kaap. Die gemeente het ongeveer 1 045 lidmate en 308 dooplidmate. Binne die gemeente is ’n tehuis vir senior lidmate en twee skoolkoshuise en die Goedemoed Gevangenis-wyk, met ongeveer 150 lidmate, wat 35 km van die dorp geleë is.

LERAARSPROFIEL EN AMPSLIGTE:

• “’n Goeie dienaar van Jesus Christus” (1 Tim 4:6) wat ’n innige liefde vir God Drie- enig en sy Woord laat uitvloei in die gemeente.

• ’n Leier met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke kan uitreik.

• ’n Leraar moet, met inagneming van kerklike gebruike, met goeie onderlinge oorlegpleging met die kerkraad, die gemeente en met die kerk in wyer verband kan saamwerk.

• ’n Leraar met baie sterk vermoëns om met die skoolgaande jeug asook werkende jongmense te werk.

• ’n Leraar met ’n Skrifgegronde bediening onder die kleuters, jeug, werkende jongmense en jonggetroudes.

• ’n Mens-mens wat in die volle spektrum van gemeentewees kan inpas.

• ’n Spanverbandmens.

• Rekenaargeletterdheid en -vaardigheid in die gebruik van tegnologie in die erediens.

• Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die dienskontrak.

VERGOEDING:

• Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne.

AANSOEK:

Aansoeke moet gedoen word op die voorgeskrewe vraelys (verkrygbaar van die kerkkantoor). Die vraelys moet vergesel word van ’n CV, nie langer as drie bladsye nie en kan per faks, e-pos of pos aangestuur word na:

Per faks: 086 582 8299

Per e-pos: ngkaliwal@lantic.net

Per pos: Posbus 36, Aliwal-Noord 9750.

NAVRAE:

Me Corrie Nel: Saakgelastigde 051 633 2632, 083 404 5514. Ds Johan Esterhuysen 051 633 2777, 083 419 3233.

SLUITINGSDATUM: 31 Maart 2017.

DIENSAANVAARDING: Volgens ooreenkoms.

’n Kortlys sal saamgestel word en daar sal van die leraars op die kortlys verwag word om ’n onderhoud met die kerkraad te voer.

Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.