Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Diensaanvaarding: Augustus-September 2017
Sluitingsdatum: 18 April 2017
1. GEMEENTEPROFIEL:
Koppies-Weltevrede is een van twee gemeentes wat die boerderygemeenskap van Koppies bedien met 204 belydende lidmate, 53 dooplidmate en bestaan uit ses plaaswyke en drie dorpswyke. Dit is geleë 65 km noord van Kroonstad. Die gemeente is daarop ingestel om die wil van God te soek en lê baie klem op gebed. Die gemeente het ook ’n aktiewe aksie om die Woord buite ons gemeente uit te dra deur CD- en DVD-verkope, asook ’n jaarlikse Paaskonferensie. Daar is ook ’n sterk sendingbediening wat plaaslik en na buite opereer. Die kinders en jongmense van ons gemeente is vir ons baie belangrik en moet geestelik versorg word.
2. LERAARSPROFIEL:
Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat bereid is om die Koninkryk van God bo alles te stel, kan aansoek doen. Indien u baie tyd met God deurbring, wag op die leiding van die Heilige Gees, ’n passie het vir herlewing en die bekering van ongelowiges, aktief betrokke is by die versorging van ons gemeente, dit geniet om soms net te kuier, en ’n pad met die jongmense en kinders sal stap, is u die persoon waarna ons soek.
3. AARD VAN DIE POS:
Voltydse leraarspos met pligte soos in Art 9 van die Kerkorde.
4. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE:
Slegs aansoeke wat voor of op 18 April 2017 ontvang is, sal oorweeg word. Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
5. AANSOEKE:
Rig u aansoek en CV per e-pos aan: ngweltevrede@megasurfwifi.co.za
Sluit asseblief die name en telefoonnommers van drie referente in.
Vir enige verdere navrae kontak Daleen Erasmus (skriba) by 056 777 1762 of ds Braam van Zyl (konsulent) by 082 821 6677 of Frans Jooste by 082 922 6420.
