Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk, Garies

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos

SLUITINGSDATUM: 4 April 2017

GEMEENTEPROFIEL:

Ons gemeente is 113 jaar oud en is in die Ring van Namakwaland. Die dorp is teen die N7 geleë, 450 km noord van Kaapstad en 110 km suid van Springbok. Die gemeente is opgedeel in vyf dorpswyke en sewe buitewyke, asook Koiingnaas (met ’n eie kerk), wat 100 km vanaf Garies geleë is en waar daar een keer per maand ’n diens gehou word. Afstand van besoekpunte in ’n radius van 100 km grondpaaie. Ekstensiewe kleinveeboerdery is die hoof ekonomiese aktiwiteit in die omgewing. Die gemeente bestaan uit 284 belydende en 29 dooplidmate. Die gemiddelde ouderdom is 58 jaar.

LERAARSPROFIEL:

  • Al die normale predikantspligte volgens artikel 9.
  • Skrifgetroue, aktuele prediking.
  • Verbind tot deelnemende bestuur en die vermoë hê om gemaklik in ’n span te werk.
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate deur pastoraat en huisbesoek wat baie belangrik is.

VERGOEDINGSPAKKET: Onderhandelbaar met sinodale skaal as riglyn.

HUISVESTING:

Gratis pastorie met gesubsideerde munisipale dienste en landlyntelefoon.

Stuur asseblief ’n volledige CV met drie onlangse referente aan:

Die Pre-advieskommissie:

Per pos: NG Kerk Garies, Posbus 17, Garies 8220

Per e-pos: ngkerkgaries@lantic.net

Per faks: 027 652 1567 (kerkkantoor)

NAVRAE:

Thysie Schreuder: 027 652 1227 (na ure asb)

Carlo van Wyk: 027 652 2425 (na ure asb)

SLUITINGSDATUM: 4 April 2017.

* Daar kan van die kandidate op die kortlys verwag word om ’n erediens waar te neem en om ’n onderhoud met die pre-advieskommissie te voer.

* Die kerkraad hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.