Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Witrivier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: UITVOERENDE BESTUURDER.

Ons gemeente missie: Om as liggaam van Christus ʼn oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.


Die NG Gemeente Witrivier is ʼn gemeente wat bruis met energie vir God se koninkryk. Met ʼn lidmaattal van 2 109 mense, is daar ʼn kaleidoskoop van bedieninge, programme en groepe wat ons gemeente ʼn miernes van bedrywighede maak. Dit is om hierdie rede dat die kerkraad ʼn pos vir ʼn uitvoerende bestuurder skep.

Dié persoon sal verantwoordelik wees vir die koördinering van gemeente- aktiwiteite en administrasie. Hy/sy moet visionêr kan dink, goed kan beplan, inisiatief kan neem en met volgehoue deursettingsvermoë werk. Die persoon moet lojaal wees teenoor die gemeente, en as skakel dien tussen predikante, gemeente, bedieninge en kerkkantoor. Dit is vir ons belangrik dat die persoon ʼn deurleefde gelowige moet wees wat hierdie betrekking nie bloot as ʼn werk beskou nie, maar as ʼn roeping.

Kandidate wat aansoek wil doen moet beskik oor ʼn toepaslike tersiêre kwalifikasie, minstens 5 jaar bestuurservaring, bewese ervaring in personeelbestuur, rekenaarvaardighede en oor finansiële kundigheid beskik met bo gemiddelde kommunikasievaardighede asook goeie interpersoonlike verhoudinge kan handhaaf.

Stuur u CV per e-pos aan: chris@cktax.co.za

Navrae: Chris Kotze chris@cktax.co.za

Konsep pligtestaat is op die gemeente se webblad beskikbaar www.ngwitrivier.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie die pos te vul nie.

Aansoeke sluit op: 26 Maart 2017

Kortlys kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude op 7 April 2017

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.