Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

Die klein liggie is uitgedoof

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Christa Louw skryf:

Dit was ’n wonderlike dag toe ek gehoor het die NG Kerk het sy deure en hart oopgestel vir gays. Vir ’n kort rukkie het ek gedink mense het uiteindelik hulle nood raakgesien.

Geskok moes ek in die koerant sien dit is teruggetrek. En dat sommige dit as ’n oorwinning sien. ’n Oor­winning vir wie?

Wat is die taak van die Kerk? Is dit nie om God se liefde en genade uit te dra nie? Te lank is hierdie oordeel oor gays gepredik. Sê God nie dat die oordeel Hom toekom nie?

Ek is die ma van ’n gay seun en sal probeer om my kind teen die aanslae van die lewe te beskerm. Die grootste hartseer is dat ek dit teen die kerk moet doen, waarvan ek my lewe lank (71 jaar) lidmaat is. Nêrens is hulle welkom nie. Wat ek wel weet, is dat my kind welkom is by dié God wat ek aanbid, want Hy is ’n ­genadige God.

Ek wil vandag vir al wat man is sê: Gaan op jou knieë en dank God dat jy nie gay is nie, want dan spring jy al die verwerping, oordeel en liefdeloosheid van die kerk vry.

In Matteus 18:6 staan: “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van my afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen om sy nek, in die diep see verdrink.” Hoeveel 16-, 17- en 18-jarige kinders moes al deur die worsteling gaan as hy of sy moes ontdek: “Ek is gay.”

Waarheen nou? Lees maar die statistiek oor gay selfdood. Baie kies hierdie uitweg.

Die klein liggie wat geskyn het is weer uitgedoof. Ons het te lank die verkeerde boodskap uitgedra. Is dit nie tyd dat ons soos Christus sal sê: “Almal wat vermoeid en belas is kom na My toe” nie?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top