Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Kinderwerker
Sluitingsdatum: Donderdag, 23 Maart 2017 (17:00)
Die ideale kandidaat is ’n NG lidmaat wat toegewyd, bekwaam en pro-aktief is om ’n besonderse bediening aan kinders te lei en te bestuur. Liefde vir kinders, vermoë om kinders te begelei in geloofsgroei en geloofsekerheid, die bou van verhoudinge en die vermoë om onafhanklik te funksioneer is kritiese aspekte van die pos. ’n Toepaslike akademiese kwalifikasie in Kinder- of Jeugbediening of Onderwys (Voorskool/Grondslagfase/Laerskool) word vereis. Toepaslike ondervinding van ongeveer drie jaar sal voordelig wees.
Die pligte behels onder andere:
- Aanbied van Kinderkerk (Graad R-3) en die bestuur van Peuterkerk (2-3 jr) en Kleuterkerk (4-5 jr).
- Aanbied en bestuur van Woensdagmiddag se Midweekbediening naamlik Kix (gr R-3), Tekkies (Gr 4-6) en Graad 7’s.
- Organisering en voorbereiding van alle lesmateriaal.
- Aanbied van Kinderpinkster tydens Pinkster.
- Aanbied van Bybelskool tydens die Junie/Julie-vakansie.
- Kinderuitreike.
- Reël en aanbied van kampe (Gr 1-7).
- Opleiding en ondersteuning van medewerkers en helpers vir die bediening.
- Ander verwante take.
Rig u gedetailleerde CV aan marqaux@ulumahr.co.za of faks na 086 630 4284.
CV moet ons bereik voor of op Donderdag, 23 Maart 2017 (17:00).
Meld kwalifikasies, ondervinding en ook salaris.
