Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar (Voltydse pos)
Sluitingsdatum: 22 Maart 2017
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.
Gemeenteprofiel
Montagu gemeente is 163 jaar oud en is in die Ring van Swellendam. Die gemeente bestaan uit dorps- en plaaswyke, met ’n ouetehuis. Die dorp het goeie skole en ander fasiliteite.
Daar is 1 119 belydende en 220 dooplidmate, met 674 besoekpunte. 60% van die lidmate is ouer as 60 jaar, maar daar is ook ’n baie sterk groep jonger gesinne.
Leraarspligte en profiel
• Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde
• Besondere klem op die suiwerheid van die Woord en leer soos vervat in die Woord en die Kerk se belydenisskrifte met die vermoë om aktueel en dinamies te preek vir alle ouderdomme.
• Rekenaarvaardigheid word sterk aanbeveel.
• Die leraar moet ’n persoon wees met kreatiewe en vernuwende denke (met respek vir tradisies) en ’n passie vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.
• Liefde vir medemense van alle ouderdomsgroepe en die vermoë om in spanverband met die medeleraar te funksioneer.
• Moet belangstel in en betrokke wees by die aktiwiteite van die gemeente en fondsinsamelingsaksies.
• Die leraar moet bereid wees om die volle spektrum van die bediening te hanteer, maar daar sal gepoog word om die leraar sover moontlik ooreenkomstig die leraar se gawes en belangstellings aan te wend.
Vergoedingspakket
• Onderhandelbaar volgens die Wes-Kaapland se sinodale riglyne tot posvlak 3.
• Behuising sal onderhandel word.
Aansoeke
CV, wat bedieningsvoorkeure duidelik aantoon en die besonderhede van minstens drie referente.
Stuur aansoeke aan: vakature@ngkmontagu.org
Navrae: Pre-Advies voorsitter: Pieter Steenkamp (023 614 3100 – kantoor) en ds Charl van Rensburg (sel 082 880 2161)
Sluitingsdatum: 22 Maart 2017
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.
