Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE PRESIDENTSOORD

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Vastetermyn

Sluitingsdatum: 31 Maart 2017

Die NG gemeente Presidentsoord (SPRINGS) in die ring van Delmas het ’n vakature vir ’n leraar in ’n vastetermynpos. Die termyn van die kontrak is onderhandelbaar, maar in terme van die Kerkorde, is dit beperk tot ’n maksimum tydperk van drie jaar. Die pos mag wel later verleng word vir ’n verdere termyn. Die salaris sal in ooreenstemming met die toepaslike sinodale skale wees maar beperk tot ’n maksimum van posvlak 5.

Die gemeente bedien tans 349 belydende en 48 dooplidmate. Die gemeente is opgedeel in 27 wyke met 234 besoek­punte.

Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie in ’n rustige en gevestigde woonbuurt en wat aangrensend tot die kerkge­bou is. Die pastorie is in die omgewing van verskeie laer- en hoërskole.

Leraars wat in die pos belangstel word genooi om hulle persoonlike besonderhede en ’n volledige CV per e-pos te stuur na ngkpoord@absamail.co.za voor of op 31 Maart 2017.

Die kerkraad se reg om nie enige leraar te beroep nie word voorbehou.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.