Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
SLUITINGSDATUM: Woensdag, 31 Mei 2017.
1. GEMEENTEPROFIEL:
Delmas-Moedergemeente is ’n plattelandse gemeente in Mpumalanga binne die sinodale grense van die Hoëveld Sinode. Die gemeente vier in 2018 sy 100ste bestaansjaar. Die gemeente het 640 belydende en 160 dooplidmate. Van die belydende lidmate is 24% jonger as 30 jaar. Die gemiddelde ouderdom van belydende lidmate is 49 jaar. Binne die gemeentegrense is ’n tehuis vir senior lidmate sowel as ’n aftree-oord. Die laerskoolkoshuis val ook binne die gemeente se bedieningsgebied.
2. LERAARSPROFIEL:
• ’n Leraar met meer as vyf jaar ondervinding in die bediening.
• ’n Geesvervulde leraar wat ’n lewende verhouding met die Here koester.
• Iemand met ’n streng gereformeerde spiritualiteit.
• Iemand wat erns maak met suiwer en gestruktureerde Skrifuitleg en wat fokus op toerusting.
• Iemand wat strewe en werk vir herlewing en die uitbreiding van die koninkryk van God.
• Iemand wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf en wat ’n baie hoë premie plaas op gereelde huisbesoek en die pastorale versorging van lidmate.
• Iemand wat die skoolgaande jeug en werkende jongmense kan mobiliseer tot betrokkenheid en diensbaarheid.
• Iemand wat verbind is tot deelnemende bestuur en wat goed in ’n span kan saamwerk.
• Iemand wat die vermoë het om al die pligte van Artikel 9 van die Kerkorde uit te voer.
3. VERGOEDING: Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne.
4. AANSOEKE:
Rig u aansoek en CV van hoogstens vier A4 bladsye, met vermelding van die besonderhede van drie referente, aan: kantoor@ngdelmas.co.za
5. NAVRAE:
Thoben Koorts (Voorsitter van pre-advieskommissie) 013 665 2772 of 082 452 7056 of thobenkoorts@afrihost.co.za
6. SLUITINGSDATUM: Woensdag, 31 Mei 2017.
7. DIENSAANVAARDING: 1 Augustus 2017.
Die kerkraad behou hom die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n beroep uit te bring / aanstelling te maak, uit enige van die aansoekers nie.
