Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Sasolburg-Tuinedal

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse leraarspos

Sluitingsdatum: 15 Mei 2017.

Gemeenteprofiel:

Sasolburg is ’n semi–plattelandse dorp. Tuinedal het 16 dorpswyke en ’n buitewyk, is geleë aan die mees noordelike punt van die Vrystaat teen die Vaalrivier. Dit vorm deel van die Vaaldriehoek, is 8 km vanaf die Vaalrivier en is 83 km vanaf Johannesburg. Daar is geen plaasbesoekpunte nie, aangesien die gemeentelede meestal werksaam is in die chemiesenywerheidsbedryf by die Sasolfabriek. Baie werk ook skofte. Die gemeente bestaan uit ongeveer 716 belydende en ongeveer 142 dooplidmate. Tuinedal se lidmate se ouderdomme is as volg:

  • tot 20 jr = 142
  • 21 tot 30 jr = 103
  • 31 tot 40 jr = 108
  • 41 tot 50 jr = 95
  • 51 tot 60 jr = 123
  • 61 tot 70 jr = 72
  • 71 tot 80 jr = 64
  • 81+ jr = 9
  • Dus van die jongste in Sasolburg.

Leraarsprofiel:

  • Gereformeerde en evangeliese prediker wat die gesag van die Skrif aanvaar.
  • ’n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ’n visie vir geestelike vernuwing – nie net suiwer verandering nie.
  • ’n Kreatiewe dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is.
  • ’n Energieke persoon met ’n passie vir mense.
  • Wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die Lewende Woord in alle omstandighede suiwer bedien.

Ampspligte: Ingevolge Art 9 van die Kerkorde.

Vergoeding: Inwoning in pastorie en vergoeding is onderhandelbaar volgens die Vrystaat se nuwe sinodale riglyne.

Sluitingsdatum: Aansoeke sluit 15 Mei 2017.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2017.

Aansoeke:

  • Kan gerig word per e-pos aan die Kerkraadvoorsitter.
  • Per e-pos: ngtuinedal@telkomsa.net
  • Per pos: Posbus 675, Sasolburg 1947
  • Per faks: 016 976 9051/016 976 2376

Die kerkraad behou hulleself die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.