Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG PORT ELIZABETH HOOGLAND

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Medeleraarspos

Sluitingsdatum vir aansoeke: 8 Mei 2017.

PE Hoogland se roeping: Geloof, deur liefde tot dade (Gal 5:6)

PE Hoogland is 45 jaar oud en is geleë in die Charlo-area in Port Elizabeth. Ons bestaan tans uit ongeveer 800 huishoudings: 2 250 belydende lidmate (255 tussen die ouderdom van 19 en 25) en 622 dooplidmate. Daar is vier laerskole, twee hoërskole en ’n aftree-oord in die onmiddellike omgewing.

Hoogland het ’n missionale roeping, is inklusief en vier die diversiteit van mense in die geloofsgemeenskap.

Leraarsprofiel:

Met Artikel 9 van die Kerkorde as basis, word van hierdie voltydse leraar verlang om:

• ’n deurleefde spiritualiteit en jonkheid te beliggaam (verkieslik tussen 30 en 39 jaar oud);

• entoesiasties te wees en oor vaardighede te beskik om die jeug, as wesenlik deel van die gemeente, effektief te bedien;

• eredienste met goeie teologiese begronding, kontekstuele relevansie en geestelike

diepte te lei;

• ’n opregte belangstelling in mense te hê, gasvry te wees en goed in ’n span saam te werk;

• kreatief en energiek mee te werk om die gemeente te begelei en toe te rus om haar roeping uit te leef; en

• oor goeie kommunikasievaardighede te beskik.

Vergoedingspakket: Salaris volgens sinodale skaal vir predikante, met ’n pastorie.

Aansoeke:

Stuur asseblief ’n CV met drie referente en ’n motivering (skriftelik of video) waarom jy jouself in hierdie pos sien, asook ’n video-opname (of skakel daarheen) van ’n onlangse volledige erediens aan:

Saretta by saretta@pehoogland.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 8 Mei 2017.

Navrae:

Albrecht Herholdt (Voorsitter: Pre-advieskommissie) 041 582 1073 (08:00 tot 16:00)

Eugene Malan (Leraar): 083 299 8100

Saretta Dawson (Gemeentebestuurder) 041 367 1485 (08:00 tot 14:00)

Kandidate op die kortlys sal vir ’n onderhoud genooi word.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.