Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Gemeenskapkerk/The Community Church

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse leraarspos

Sluitingsdatum: 15 Mei 2017.

Ligging:

Die gemeente bedien ’n omgewing wat kosmopolitaans en vinnig uitbreidend is, nl Parklands, Parklands-Noord, Sunningdale, Du Noon en Sandown. Die omgewing beskik oor ’n verskeidenheid van hoër-, laer- en kleuterskole, met Engels as voertaal. Hoewel die meerderheid skole in die area privaatskole is, is daar ook vele departementele skole. ’n Nasorg en spesiale terapieskool word op ons perseel beoefen. Daar is talle groot supermarkte, winkels, gimnasiums en hospitale in die omgewing.

Gemeenteprofiel:

Hierdie vars uitdrukking van kerkwees, is 11 jaar gelede gestig en het ongeveer 200 lidmate. Die lidmate bestaan uit hoofsaaklik ’n jonger generasie werkende lidmate, ’n middelgroep ouers met kinders en ’n hele aantal senior lede.

Die gemeente het lidmate wat Afrikaans of Engels en Xhosasprekend is. Tydens die ere­diens word dikwels al drie tale gebruik. Die boodskap word in Afrikaans en Engels gebring.

Lof en aanbidding word meestal in Afrikaans en Engels gedoen en word gelei deur ’n span wat bestaan uit elektriese klavier, kitare en tromme. Die erediens is ’n vernuwende, informele en spontane geleentheid.

Waardes:

  • Liefdevolle verhoudings
  • Inklusiwiteit
  • Gefokus op leefstyl
  • Gemeenskapgerig
  • Bybelgefundeerd

Leraarsprofiel:

  • Tweetalig
  • Vernuwend en innoverend
  • Verhoudingsgerig
  • Kundig ten opsigte van kleingroepe
  • Uitreik-gefokus
  • Brugbouer
  • Spanbouer
  • Minimum sewe jaar ondervinding.
  • Die suksesvolle bywoning van die Mission Shaped Ministry-kursus wat deur Fresh Expressions aangebied word, sal ’n sterk aanbeveling wees.

Stuur ’n volledige CV aan: admin@communitychurch.co.za

Sluitingsdatum: 15 Mei 2017.

Vergoeding volgens sinodale skaal, wat insluit salaris, behuisings- en motortoelaag en ’n bydrae tot pensioen en medies.

Vir navrae, kontak Antonie Botha (084 545 4016).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.