Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar vastetermynpos
SLUITINGSDATUM: Vrydag, 2 Junie 2017.
GEMEENTEPROFIEL: Boederygemeenskap in die Suid-Vrystaat, 80 km van Bloem- fontein op die hoofweg na Kaapstad. Gemeente met nege dorpswyke en vier plaaswyke en met ’n ryk kerkgeskiedenis. Val binne die Ring van Smithfield. Die gemeente bestaan uit 285 belydende en 96 dooplidmate.
LERAARSPROFIEL:
- Leraar wat sal aanpas in plattelandse gemeenskap.
- Innoverende leier wat in spanverband kan werk.
- Goeie menseverhoudings handhaaf.
- ’n Skrifgetroue, dinamiese en aktuele prediker.
- ’n Passie vir mense – oud en jonk.
WERKSPROFIEL:
- Ooreenkomstig Artikel 9 van die kerkorde.
- Totale vergoedingspakket: Onderhandelbaar binne sinodale riglyne.
- Die gemeente bied ’n gerieflike, ruim en netjiese pastorie vir inwoning.
- Duur van kontrak: Twee jaar.
AANSOEKE:
Gee duidelike uiteensetting van hoe u u rol as leraar sien.
CV, met drie referente, moet u aansoek vergesel.
Per pos: Die saakgelastigde, Posbus 36, Edenburg 9908
Per e-pos: skriba@ngkedenburg.co.za
Per faks: 086 642 8136
NAVRAE:
Mnr JJC Kock (leierouderling): 082 772 3372 of 051 743 1138 (w)
Coenie Coetzee (saakgelastigde): 076 379 2289 of 051 743 1126
SLUITINGSDATUM: Vrydag, 2 Junie 2017.
DIE KERKRAAD BEHOU HOM DIE REG VOOR OM NIE IEMAND UIT DIE BELANGSTELLENDES TE BEROEP NIE.
