Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermynkontrakpos vir twee jaar
Sluitingsdatum: 30 April 2017.
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord op ’n vastetermynkontrak van twee jaar met die opsie om verder te verleng.
GEMEENTEPROFIEL:
- Koës is ’n plattelandse gemeente, geleë 130 km noordoos van Keetmanshoop in die suide van Namibië.
- Lidmaattal: 115 volwasse lidmate waarvan 50 ouer as 60 is.
- Vyf wyke met 68 besoekpunte.
KANDIDAAT:
Die ideale kandidaat moet verkieslik ’n gesonde emeritus/leraar van jonger as 65 jaar wees, maar die kerkraad sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.
Die gemeente het ook ’n aksie genaamd //KHARAS CHRISTI geloods wat opleiding aan geestelike leiers uit alle denominasies aanbied. Die studentekorps se geletterdheid wissel van Graad 4 tot persone met universiteitsgrade. Die leraar moet 20% van sy tyd aan hierdie opleidingsaksie afstaan.
VERGOEDING:
Die vergoedingspakket, met ruim verlofvoordele, is vasgestel op kerf 9 van die sinodale skaal van Namibië as riglyn (N$320,000 afgerond). Geen mediese of pensioenvoordele.
- Die gemeente beskik oor ’n ruim gemeubileerde pastorie.
- Gemeentevoertuig met vergunning vir beperkte privaatgebruik.
- Selfoon en internetfasiliteite wat deur die gemeente betaal word.
AANSOEKE:
Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV, twee onlangse getuigskrifte sowel as die name van minstens vier referente.
SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 30 April 2017 en kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud indien daartoe versoek. Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling te maak nie.
STUUR AANSOEKE AAN:
pietendorena@gmail.com of gertvermeulen173@gmail.com
NAVRAE:
Ds Piet Louw, tel: 00264 63 25 2705
Voorsitter: Oudl Gert Vermeulen, tel: 00264 63 25 2649.
