Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse leraarspos vir ’n onbepaalde
termyn / Tentmakerpos
1. Gemeenteprofiel
Dit is ’n klein plattelandse gemeente wat bestaan uit 241 belydende en 72 dooplidmate. Die gemeente is geleë sowat 20 km buite Upington. Die gemeente bestaan uit twee “koppe” met twee kerkgeboue wat dien as preekpunte.
2. Leraarspligte
Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die kerkorde en soos ooreengekom en bepaal deur die dienskontrak.
Begrip en deernis vir die uitdagings van ’n klein plattelandse gemeente.
3. Vergoeding
Die vergoeding is onderhandelbaar tot ’n maksimumbedrag van R15 000,00 per maand (alles insluitend).
4. Sluitingsdatum: 30 April 2017.
E-pos: aansoeke.upt@gmail.com
Sel: 083 542 0556
Ouderling: Ria Klue, 076 272 7007
Konsulent: Ds Floris Lategan, 083 379 9030
Aansoeke moet vergesel wees van ’n kort CV met name en kontaknommers van twee referente.
Indien ’n kandidaat die kortlys haal, moet die persoon beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
Die kandidaat moet ook asseblief ’n aanduiding gee van wanneer hy/sy beskikbaar sal wees om die pos te aanvaar.
