Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK MOOIFONTEIN

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

(VASTETERMYNPOS VIR EEN JAAR)

Sluitingsdatum: 19 Mei 2017

In biddende afhanklikheid maak die kerkraad hierdie vakature, as ’n vastetermynpos vir een jaar, bekend en nooi belangstellende proponente en leraars uit om aansoek te doen. Die pos se termyn mag verleng word ná verstryking van die termyn.

GEMEENTEPROFIEL:

NGK Mooifontein is geleë te Birch Acres, Kemptonpark, Gauteng en bestaan uit ongeveer 400 belydende en dooplidmate. Ons val binne die Ring van Birchleigh en die Hoëveld Sinode. Ons bedien een tehuis vir bejaardes binne ons gemeentegrense.

LERAARSPROFIEL EN VEREISTES:

Die leraar moet die gemeente begelei om hulle verantwoordelikheid uit te leef ten opsigte van die uitbouing van die bediening in die betrokke gemeente soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.

  1. Omvattende bediening sluit in prediking, pastoraat, leiersontwikkeling, bestuur, opleiding asook konflikhantering.
  2. Uitbou van die jeug- en gesinsbediening.
  3. Beskik oor leiersvaardighede, bestuursvaardighede en ervaring om in ’n span te werk.
  4. Vermoë om saam met mense in verskillende lewensfases te bedien.
  5. Gereelde en sistematiese, tradisionele huisbesoek is ’n hoë prioriteit.
  6. Spesiale aandag aan bejaardes, siekes en nuwe intrekkers.
  7. Skrifgetroue, gereformeerde, dinamiese prediking.
  8. Ander verantwoordelikhede soos van tyd tot tyd deur die kerkraad bepaal sal word.
  9. Mobilisering van gemeente en plaaslike uitreikbediening.
  10. Kandidaat moet rekenaarvaardig wees.
  11. Geldige rybewys is noodsaaklik (Kode 8).
  12. Kandidaat moet verkieslik getroud wees.

VERGOEDING:

  1. Vlak 1 soos bepaal deur die Sinode.
  2. Gratis huisvesting, telefoon- en internetpakket, sekuriteit, water en elektrisiteit ingesluit.
  3. 13de tjek (betaling geskied wanneer finansies gunstig is en kerkraad betaling goedkeur).
  4. Reistoelaag.
  5. Pensioen- en mediese fondsbydraes onderhandelbaar.

AANSOEKE:

Aansoeke kan gerig word aan die skriba per e-pos: mooifont@telkomsa.net

Volledige CV met drie verwysings (referente) asook twee getuigskrifte nie ouer as ses maande nie, van twee ander persone as u referente.

Sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag, 19 Mei 2017, om 14:00.

’n Kortlys sal saamgestel word en daar sal van die kandidate op die kortlys verwag word om ’n onderhoud met die kerkraad te voer en ’n preekbeurt waar te neem.

Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling te maak nie.

KONTAKBESONDERHEDE: Admin: mooifont@telkomsa.net
Tel: 011 976 5302, Maandag, Woensdag en Vrydag van 09:00-12:00.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.