Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
HOOFARGIVARIS
(Stellenbosch)
http://kerkargief.co.za
Sluitingsdatum: 10 Mei 2017.
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) beskik tans oor ’n vakature vir ’n Hoofargivaris by die NG Kerk se Argief in Stellenbosch. Die datum van diensaanvaarding is 1 Julie 2017.
Verantwoordelikhede
• Keuring, ordening, ontsluiting en restourering van argivalia met die oog op bewaring en navorsing;
• rekordbeheer en skakeling met kliënte (gemeentes, ringe en sinodes);
• lewer ’n diens aan navorsers en gebruikers van die Argief (persoonlik, telefonies of per e-pos);
• ontwikkel en bestuur die digitaliseringsproses van die Argief en
• bestuur die personeel, begroting en dag-tot-dag aktiwiteite van die Argief.
Kennis en vaardighede verlang
• Kennis van toepaslike Suid-Afrikaanse wetgewing, asook die toepassing daarvan in ’n argief;
• toepaslike ervaring van argivale werk;
• goeie kommunikasievermoë in beide Afrikaans en Engels;
• uitstekende organisasievermoë;
• administratiewe vaardigheid;
• rekenaarvaardigheid en
• deeglike kennis van die NG Kerkfamilie se strukture en werksaamhede.
Minimum kwalifikasie
• ’n Toepaslike nagraadse kwalifikasie in argiefkunde of ’n aanverwante dissipline.
Vergoeding
• Onderhandelbaar in ooreenstemming met kwalifikasies en verantwoordelikhede.
Aansoekprosedure
Stuur u aansoek per e-pos saam met ’n volledige CV voor 10 Mei 2017 aan:
Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne, NG Kerk in SA, Privaatsak X8, Bellville 7535
E-pos: ngkadmin@kaapkerk.co.za
Navrae: 021 957 7104 (Mnr Kenny Raats)
