Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE STANDERTON (MOEDERGEMEENTE)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar – Voltydse pos vanaf 1 November 2017

Sluitingsdatum: 12:00 op 31 Mei 2017.

Die kerkraad adverteer in biddende afhanklikheid die pos van leraar van die gemeente!

GEMEENTEPROFIEL:

1. Standerton is ’n plattelandse gemeenskap aan die suidelike grens van die Mpumalanga-provinsie.

2. Standerton-Moedergemeente is een van drie NG gemeentes in die dorp.

3. Die gemeente bestaan uit ’n groot boerderygemeenskap asook verskeie nywerhede, die Thutuka-kragstasie en die New Denmark Steenkoolmyn.

4. Die gemeente het tans ongeveer 550 belydende en 130 dooplidmate.

LERAARPROFIEL:

1. Moet ’n passie hê vir God en sy kinders.

2. Moet die gemeente deur Skrifgetroue prediking kan lei tot geestelike groei.

3. Moet effektief in spanverband as lid en leier kan funksioneer.

4. Moet bereid wees om met entoesiasme betrokke te wees by gemeentebou deur persoonlike kontak met lidmate tydens huisbesoeke en gemeente-aksies.

5. Moet verantwoordelikheid neem vir die basiese take soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.

6. Aktiewe betrokkenheid by die jeug van die gemeente is ’n prioriteit.

  1. Moet ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees.

VERGOEDING:

1. Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met sinodale riglyne as basis.

AANSOEKE:

1. Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV met die name en kontakbesonderhede van drie referente.

2. Meld in die aansoek u drie bedieningsvoorkeure.

3. Stuur u aansoek na:

 3.1 E-pos: geckoguesthouse@viponline.co.za

3.2 Faks: 017 712 1370

4. Sluitingsdatum: 12:00 op 31 Mei 2017.

5. Sodra ons ’n aansoek/CV van u ontvang het, sal daar ’n vraelys aan u ge-e-pos/gefaks

word. Voltooi dit asseblief so gou moontlik en volledig moontlik en stuur dit vir ons terug.

NAVRAE: Navrae kan gerig word aan Hennie Pretorius:

Sel: 082 857 7302.

E-pos: geckoguesthouse@viponline.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.