Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jan Kriel Instituut, Kuilsrivier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

HOOF: BEMARKING

Sluitingsdatum: 19 Mei 2017.

Jan Kriel Instituut, ʼn program van Badisa, werf vriende en fondse vir kinders met spesiale onderwysbehoeftes by Jan Krielskool. ʼn Verantwoordelike en gemotiveerde persoon word benodig om hierdie pos te vul vanaf 1 Julie 2017.

Die posbekleër sal aan die Direkteur rapporteer en verantwoordelik wees vir:

  • Die werwing van nuwe donateurs sowel as die bou van goeie verhoudinge met bestaande vriende van Jan Kriel (fokusarea).
  • Bemarking en bevordering van die hoofdoelwitte van die Jan Kriel Instituut.
  • Organisering van funksies/projekte wat verband hou met die Instituut se werksaamhede.

Die kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Begrip vir en begeerte hê om te werk binne die omgewing van die Christelike barmhartigheid (kerklike omgewing) en kinders met (leer)gestremdheid.
  • Uitstekende interpersoonlike vaardighede.
  • Vermoë om onder druk en onafhanklik te werk en om spertye te haal.
  • Bewese taal- en skryfvaardighede in Afrikaans en Engels.
  • Bewese ervaring van digitale en tradisionele bemarkingskanale, soos die gebruik van e-posbemarking en die sosiale media.

Ondervinding van skakelwerk, organisering van projekte, onthaal en betrokkenheid in die omgewing van fondswerwing/filantropie is nie ʼn vereiste nie, maar sal sterk in die kandidaat se guns tel.

’n Onderhandelbare salaris word gebied, aangevul deur lidmaatskap aan ʼn mediese en aftreeskema, asook ruim verlofvoordele.

Onderhoude sal van 22 Mei 2017 gevoer word.

Rig ’n volledige CV met 2 verwysings, vóór 19 Mei 2017 aan:

Die Direkteur, Jan Kriel Instituut, Posbus 650, Kuilsrivier 7579.

E-pos: instituut@jankriel.co.za

Navrae kan gerig word aan dr Heroldt by 082 380 3505.

Indien u nie binne twee weke na sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.