Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

God van die randfigure

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marcel Vosloo van die Strand skryf:

Ons het ’n wonderlike Hemelse Vader en Hy toon sy liefde in besonder in sy soeke na die verlore skaap, die uit­geworpene in die samelewing. Dit is die heerlike evan­gelieboodskap. Dit is hoe Hy vandag nog uitreik na die tollenaar en sondaar, die prostituut en die ower­spe­lige. Daar is niemand wat te veel sondes het nie, nie­mand op wie die samelewing hul rug gedraai het, wat nie by Hom kan tuiskom nie.

Die volle – en ware evangelieboodskap – is dat Jesus sondaars ontvang wat tot bekering kom. Hy ontvang mense wat bereid is om hul rug op hul sondige verlede te draai. Vir hulle het Hy konsekwent een boodskap: “Gaan heen en sondig nie meer nie.” Enige ander bood­skap wat mense na Christus nooi – en nie van hul­le verwag om ’n lewensverandering te ondergaan nie – druis lynreg in teenoor die Woord se heerlike boodskap van tuiskoms by God. Hierdie onbybelse boodskap kry dieselfde aanklag as die priesters in Maleagi 2:17 toe hulle gesê het: “Vir die Here is almal wat verkeerd doen, goeie mense, Hy hou van hulle.”

Gewoonlik word daar deur die voorstanders van selfdegeslagverhoudinge net in die algemeen na die Woord verwys met opmerkings soos “die God van die randfgure” en “die allesinsluitende liefde van God”. Maar, daar word tog van eksegete verwag om elkeen van hierdie stellings te gaan toets in die lig van die Woord! Daar moet gevra word: Op watter manier is God die God van die randfigure en hoe werk die alles­insluitende liefde van God? Bonhoeffer het gewaarsku teen goedkoop genade. Die voorstanders van selfdegeslagverhoudinge se manier van Skrifgebruik kom neer op dieselfde teologiese denkfout.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top