Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 7 Junie 2017.
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van leraar.
GEMEENTEPROFIEL:
NG Gemeente Barberton wat deel is van die Ring van Barberton, is ’n plattelandse gemeente geleë in die skilderagtige Laeveldse dorp Barberton aan die voet van die Makhonjwa Berge. Hierdie gemeente bedien ook omliggende plaasgemeenskappe, myne, Korrektiewe Dienste inrigtings en bosbougemeenskappe. Barberton is geleë ongeveer 45 km van Nelspruit. Daar is ’n laerskool en hoërskool in die dorp. Die gemeente bestaan uit ongeveer 350 belydende en 60 dooplidmate.
Die missie van hierdie gemeente is:
Om as God se fontein:
- Hom te verheerlik
- Mekaar te versorg
- Hulp en hoop in ons omgewing te bring
KANDIDAAT:
Hierdie leraarspos word vir gelegitimeerdes (met verkieslik ondervinding) van die NG Kerk aangebied.
Benewens Artikel 9 van die Kerkorde, is die volgende vereistes vir die kerkraad van besondere belang:
• Die vermoë om binne ’n liggaamsmodel doeltreffend te dien. In die lig hiervan moet die kandidaat ’n deelnemende bestuurstyl hê.
• Pastoralesorg en besoeke sal hoë prioriteit geniet en sal in lyn met die missie en strategiese beplanning van die gemeente met die kerkraad onderhandel word.
• ’n Bereidheid om in te pas by die gemeente se bediening in verhoudingsgroepe (bybelstudiegroepe, omgeegroepe, ens).
• ’n Bereidheid om in te pas by die gemeente se missionale gerigtheid binne die plaaslike gemeenskap. Die kandidaat moet daarom ’n passie hê vir Diens- evangelisasie.
• ’n Gefokusde Jeugbediening.
• ’n Gestruktureerde huisbesoekprogram.
’n Strategiese belanning is ’n paar jaar terug gedoen en detail hieroor is beskikbaar op aanvraag.
VERGOEDING:
Die vergoedingspakket is “Onderhandelbaar”, met inagneming van die Sinodale skale.
Huisvesting soos onderhandel met kerkraad.
AANSOEKE:
• Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV met minstens drie referente.
• Sluitingsdatum vir aansoeke is 7 Junie 2017.
• Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.
• Rig alle aansoeke en CV’s aan Die Saakgelastigde: ngkbtn@mweb.co.za Tel: 013 712 2715 (kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 – 13:00).
• Navrae kan gerig word aan die Pre-Advies Kommittee: Essie Esterhuizen (082 552 9218 of essiee@bmines.co.za) of Jacó van Rensburg (082 568 4969 of jaco@jvrkonsult.co.za)
Die kerkraad behou homself die regvoor om nie ’n aanstelling uit die amptelike aansoeke te doen nie.
Aanstellingsdatum: Nie later as 1 Augustus 2017 of soos onderhandel met kerkraad.
