Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Sutherland

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar, vir termynpos van twee jaar
Sluitingsdatum: 30 Mei 2017.

In biddende afhanklikheid nooi die NG gemeente Sutherland alle gelegitimeerde predikante en emeritusleraars uit om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel: ’n Rustige landelike atmosfeer. Sutherland is geleë op die Roggeveldplato in die Noord-Kaap, maar skakel kerklik by die Wes-Kaap in. Die gemeente is gestig in 1855 en is verdeel in vyf dorpswyke en vyf plaaswyke. Daar is tans 288 lidmate en 36 dooplidmate in die gemeente. Die meerderheid lidmate is bo die ouderdom van 50.

Leraarsprofiel: Die suksesvolle kandidaat moet geligitimeerd wees in die NG Kerk, op die platteland kan aanpas en goeie verhoudings kan bou met jong sowel as ouer mense, sy eggenote moet ook kan aansluit by die Vrouediens en ook leiding kan neem by kerklike aangeleenthede. Huisbesoek en pastorale besoeke is ’n prioriteit. Die leraar moet ’n aan­voeling hê vir vernuwende en Woordgetroue prediking.

Pligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding: R22 000 per maand en jaarlikse bonus gelyk aan een maand se salaris, 30 verlofdae en gratis pastorie, elektrisiteit, water, telefoon en internetdienste. Die gemeente stel ’n voertuig beskikbaar en betaal vir die onderhoud en brandstof.

Aansoeke: Aansoeke moet vergesel wees van ’n CV en kontakbesonderhede van twee referente. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt, wat op die onkoste van die gemeente sal geskied.

Rig aansoeke aan: Die Kerkraad: e/pos ngksutherland@roggeveld.co.za

Sluitingsdatum: 30 Mei 2017.

Navrae: Arrie Shepherd – Tel: 023 571 1043 of sel: 084 619 6229.

Rina du Plessis – Tel: 023 571 1063 of sel: 082 870 7972.

Gerhardus du Plessis – Sel: 082 594 3867.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.