Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

PAARL-VALLEI GEMEENTE

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 14 Julie 2017 om 12:00.

Aansoeke vir bogenoemde pos word ingewag – in biddende afhanklikheid voor God.

GEMEENTEPROFIEL: 1 314 belydende en 360 dooplidmate uit alle ouderdomsgroepe.

GEMEENTEBELYDENIS

Ons word geseën om vir ander tot seën te wees van die Paarl
tot aan die uithoeke van die wêreld.
Ons is die liggaam van Christus. Ons is vrygemaak om nuut te lewe.
Ons loop waar Jesus lei. Hy lei ons deur sy Woord en sy Gees.
Ons is almal kinders van die Vader. Ons leef in liefde saam.
Ons versorg mekaar. Ons doen wat reg is.
Ons gee saam vir ander om. Ons deel graag die Goeie Nuus.
Saam laat ons die Koninkryk kom.

ONS IS OP SOEK NA ’N LERAAR WAT …

  • ’n passie het vir die jeug en ervaring wat betref senior jeugbediening
  • hom/haar sal tuisvoel binne die gereformeerde spiritualiteit van die gemeente
  • ’n vermoë het om dinamies te preek – kontekstuele relevansie en geestelike diepte is vir ons belangrik
  • die vermoë het om inspirerende eredienste te fasiliteer (musikaliteit en die vermoë om ’n sangkultuur verder uit te bou sal ’n bonus wees)
  • hom/haar kan vereenselwig met die geloofsraamwerk van ons gemeentebelydenis en hom/haar met passie daarbinne kan uitleef
  • ’n missionale hart het en die vermoë om die gemeente opgewonde te maak en te help mobiliseer vir die uitreik na ongelowiges en behoeftiges plaaslik en regoor die wêreld
  • die vermoë het om selgroepbediening verder uit te bou
  • die vermoë het om pastoraal mense met liefde te begelei
  • die vermoë het om goed in spanverband saam te werk.

VERGOEDING: Volgens sinodale aanbevelings. Pastorie beskikbaar.

DATUM VIR DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf Oktober 2017.

AANSOEKE:

’n Aansoekbrief, vergesel van u CV en drie referente, moet per geregistreerde pos of e-pos gestuur word.

  • Per geregistreerde pos: Die Voorsitter Pre-advies Kommissie, NG gemeente Paarl-Vallei, Suite 7261, Privaatsak X3041, Paarl 7620.
  • Per epos: info@paarlvalleigemeente.co.za

Kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 14 Julie 2017 om 12:00.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.