Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Oor genade wat vreugde bring

VANISHING GRACE – WHAT EVER HAPPENED TO THE GOOD NEWS?
Deur Philip Yancey
Uitgewer: Hodder & Stoughton, 2014

Resensie deur Clem Marais


Een van Yancey se anhalings wat hy heel aan die begin van die boek maak, vertel in ’n neutedop waaroor dit gaan: “In the no­vel The second coming, one of Walker Percy’s characters says about Christians, ‘I cannot be sure they don’t have the truth. But if they have the truth, why is it the case that they are repellent precisely to the degree that they embrace and advertise the truth? … A mystery: If the good news is true, why is one not pleased to hear it?’”

Yancey wonder in hierdie boek wat die kerk regtig te bied het aan ’n gebroke wêreld en vra hoekom Christene meermale die draers van slegte, veroordelende nuus aan buitestanders is, in plaas van goeie nuus. Genade word volgens hom verduister en hy gebruik onder meer vier algemene klagtes teen Christene wat in Christianity Today verskyn het as voorbeelde: “You don’t listen to me. You judge me. Your faith confuses me. You talk about what’s wrong instead of making it right.” (Bladsy 21.)

Maar, argumenteer hy in die boek, dit hoef nie so te wees nie. Hy suggereer drie maniere waarop die evangelie-boodskap gekommunikeer kan word aan ’n wêreld wat daarvan weghardloop. Hy teken (met voorbeelde) die rol van ’n pelgrim, aktivis en kunstenaar. Maar bowenal, sê hy, moet Christene hulleself voortdurend herinner aan die goeie nuus wat hul eie geloof ten grondslag lê.

Ek vereenselwig my met die opmerking op die omslag: “This is a milestone book for all those who are striving to make sense of faith and live it out amid the changing landscape of our day”.

Hierdie is Yancey se tweede boek oor genade. In 1997 het sy What’s so amazing about grace? verskyn.

Philip Yancey het die afgelope 30 jaar reeds meer as 20 boeke die lig laat sien, waaronder die twee oor die genade, The Jesus I never knew, Finding God in unexpected places en Prayer.

Ds Clem Marais is die Algemene Sekretaris van die NG Kerk in Namibië.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top