Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Buffeljagsrivier

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Sluitingsdatum: 17 Julie 2017.

In biddende afhanklikheid nooi die NG Kerk Buffeljagsrivier alle gelegitimeerde proponente en leraars om aansoek te doen.

Gemeenteprofiel:

Buffeljagsrivier is ’n plattelandse gemeente, geleë 8 km vanaf Swellendam in die pragtige Buffeljagsriviervallei, aan die voet van die Langeberge. Die gemeente is 60 jaar oud en het 320 belydende en 120 dooplidmate. Die gemeente het ’n sterk komponent jong getroudes met kleiner kinders. Boerdery is die hoofaktiwiteit en daar is verskeie plaasbesoekpunte sowel as lidmate wat in Swellendam woonagtig is.

Leraarsprofiel:

Met Artikel 9 van die Kerkorde as basis, word van hierdie voltydse leraar verlang om:

  • ’n kreatiewe en dinamiese persoon te wees met ’n passie vir kleuters, laerskool- en hoërskoolkinders;
  • die gemeente te lei in geestelike verdieping en groei;
  • ten gunste van informele, moderne eredienste te wees en met ’n passie vir musiek;
  • naskoolse jongmense te betrek en bedien;
  • meelewend en aanpasbaar te wees met aanvoeling vir vernuwing en Woordgetroue prediking;
  • betrokke te wees met gemeenskapsbarmhartigheid en
  • om saam as familie van die kerk, sosiale geleenthede te hou en om saam te leer en te groei.

Aansoeker se ouderdom moet in lyn wees met die profiel van die gemeente.

Vergoeding: Salaris volgens sinodale skaal vir predikante, met pastorie of behuisingsubsidie.

AANSOEKE:

Aansoek moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van minstens twee referente. Indien kortlys gehaal word, moet kandidate beskikbaar wees vir ’n onder- houd en ’n preekbeurt.

Rig aansoeke aan: Die Kerkraad, Posbus 40, Buffeljagsrivier 6742.

E-pos: skriba.ngkbuffeljagsrivier@gmail.com OF scdtnel@gmail.com

Sluitingsdatum: 17 Julie 2017.

Navrae: Sakkie Nel 072 298 4213.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.