Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geagte Frits

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Hancke van Blerk van Piet Retief skryf ’n ope brief aan dr Frits Gaum:

Die 26 Maart 2004-uitgawe van Kerkbode was die laas­te waarvan jy die redakteur was. As deel van jou vaarwel het jy ’n vroeëre persoonlike brief van my aan jou geplaas. Jy sal dus nie omgee as ek ook nou in die openbaar kommunikeer nie.

In genoemde brief het ek, aangemoedig deur die Ring van Wakkerstroom, jou bemoedig in ’n tyd toe jy baie kritiek en verwerping beleef het vanweë dinge wat nie by die Tydskriftemaatskappy reg geloop het nie. Die feit dat jy my persoonlike brief in jou laaste Kerkbode geplaas het, was vir my ’n aanduiding van hóé baie jy dit waardeer het.

Daarom het ek die vrymoedigheid om nou vir jou in die openbare domein te sê dat dit vir my ’n verskriklike teleurstelling is dat juis die persoon aan wie ek destyds barmhartigheid bewys het, deesdae volhar­dend dreig om die NG Kerk hof toe te sleep.

Wat dit nóg meer tragies maak, is dat dit plaasvind in die jaar van die 500ste herdenking van die Hervorming … en die NG Kerk is juis in die moeilikheid omdat die meerderheid getrou wil bly aan die deurwinterde, nie-fundamentalistiese, suiwer uitleg van die Woord.

Daardie brief was nie my enigste gebaar van barm­hartigheid nie. Tydens my diensplig is ek een aand met ’n mes aangeval nadat ek suksesvol by ’n groep bulle­bakke gepleit het dat hulle nie hulle voorneme moet uitvoer om twee gays daardie nag in hulle slaap erg te gaan aanrand nie.

Mag hierdie feit jou en jou vriende bevry van die gerieflike leuen dat ons, wat teen die 2015-besluite was, ook teen gays is. En kom kyk gerus met hoeveel ware liefde word gays in ons gemeente bejeën!

Mag die Here ook hierdie dolksteek vir my afweer! Wees geseënd.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top