Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Predikant in Sinodale Diens (PSD)
Sluitingsdatum:Vrydag, 13 Oktober 2017
Getuienisaksie van die NG Kerkfamilie in die Kaapstreek is ’n verenigde diensgroep van die NG Kerk (Sinode van Wes-Kaapland), die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) Kaapland en die Reformed Church in Africa (RCA).
Getuienisaksie, in samewerking met die NG Kerk Sinode van Wes-Kaapland se Diensgroep Gemeentebegeleiding, maak hiermee die vakature vir ’n PSD: Taakspan Getuienis deur Gemeentes bekend en nooi predikante wat daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel, om aansoek te doen.
Die PSD: Taakspan Getuienis deur Gemeentes is onder andere verantwoordelik vir die volgende:
• Ondersteuning aan gemeentes in die ontwikkeling van hulle missionêre aard en roeping;
• Lewer ooreengekome diens aan Diensgroep Gemeentebegeleiding tov Nuwe Geloofsgemeenskapsontwikkeling (NGGO);
• Ondersteuning aan verbandsbedieninge soos Straatwerk ea;
• Neem leiding, saam met ander diensgroepe, om evangelisasie aktief te bevorder;
• Ondersteuning aan multikulturele geloofsgemeenskappe om interkulturele vaardighede te ontwikkel;
• Fokus op die ekologie en gemeentes se missionêre verantwoordelikheid teenoor die omgewing;
• Die ontwikkeling en ondersteuning van netwerke en vennootskappe.
Die geskikte kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant van die VGKSA wat aan die volgende vereistes voldoen:
• Het ’n duidelike roeping om die gestuurdheid (missionaliteit) van die kerk uit te bou.
• Het die vermoë om netwerke en verhoudings te bou.
• Het goeie organisering en administratiewe vermoëns.
• Verdere toepaslike teologiese studie en gemeentelike ondervinding word in ag geneem.
Die diversiteitsprofiel van Getuienisaksie sal tydens die keuringsproses in ag geneem word.
Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.
Rig ’n volledige CV voor Vrydag, 13 Oktober 2017 aan:
Die Diensgroepbestuurder: Kobus Odendaal, Getuienisaksie, Privaatsak X8, Bellville 7535.
E-pos: missio@kaapkerk.co.za
Tel: 021 957 7204.
Heg ook ’n bondige voorlegging van maksimum twee bladsye aan waarin u uiteensit hoe u beoog om aandag te skenk aan die energering en ontwikkeling van gemeentes se missionêre aard en roeping.
Persoonlike navrae kan gerig word aan die Bestuurder: Kobus Odendaal.
