Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Jan Kriel Instituut

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Assistent-direkteur
Sluitingsdatum: 31 Oktober 2017.

Die Jan Kriel Kommissie nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerkfamilie om aansoek te doen vir bogenoemde vakature.

Die Jan Kriel Instituut is ’n program van Badisa wat die ontwikkeling van kinders met epilepsie en ander spesiale onderwysbehoeftes binne die konteks van Jan Krielskool in Kuilsrivier, ten taak het.

Die posbekleër sal aan die direkteur rapporteer en sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die ontwikkeling en fasilitering van fondse, vriende en vennote met die oog op die taak van die Instituut.

Dit behels onder andere die bemarking, die bou van verhoudinge en betrokkenheid by kerke, gemeentes, individue, die korporatiewe en private sektor. Dit sluit in die bestaande ondersteuningsbasis en die werf van nuwe vriende en vennote.

Die ideale persoon moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • ’n Geskiedenis van betrokkenheid en begrip vir gemarginaliseerdes/barmhartigheid hê
  • ’n Bewese vermoë met betrekking tot skakeling en fondswerwing
  • Goeie kommunikasievaardighede, skriftelik en verbaal, in Afrikaans en Engels. Ÿ Goeie administrateur en organiseerder met aanvaarbare werkskennis in finansiële sake
  • ’n Persoon met goeie menseverhoudinge, leerbaarheid, aanpasbaarheid en ’n strewe tot selfontwikkeling

Vergoeding word volgens die Sinodale riglyne vir leraars van die NG Kerk bepaal en sal tydens onderhoud bespreek word. Diensaanvaarding word be-oog vir 1 Januarie 2018 of so spoedig daarna.

Belangstellendes kan tot 31 Oktober 2017 ’n beknopte CV (maksimum vier bladsye), met drie referente, stuur aan:

Die Voorsitter,

Jan Kriel Insituut,

Posbus 650,

KUILSRIVIER 7579

of e-pos: instituut@jankriel.co.za of faks 021 903 9007.

Persoonlike navrae kan ook gerig word aan dr Fanie Herholdt by 082 380 3505.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.