Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Heelmaker

Kersfees en Advent lê om die draai. Hierdie seisoene in die kerklike jaar behoort ons weer grondig te laat besin oor hoe ons Skrifgetrou oor God dink.

’n Mens kan so maklik dink God is soos ’n antieke koning wat bo van sy troon af regeer, wat reëls neerlê wat gehoorsaam moet word, en vir wie sy mense nie regtig belangrik is nie.

Maar met Kersfees kom God af ondertoe. Hy word God met ons. Immanuel. In Christus leer ons dat God dien. God kom gee Homself.

Hy kom doen dit om die wêreld heel te maak. Hy kom doen dit om mense heel te maak, om verhoudings heel te maak, om die samelewing heel te maak.

Natuurlik ís God die Koning, maar dan ’n ander soort koning as die heersers van hierdie wêreld. Dit is wat hierdie God-met-ons aan sy volgelinge verduidelik wanneer van hulle kom vra vir die belangrike plekke aan sy linker- en regterkant. In die koninkryk van God dien die leiers. Jesus stel self die voorbeeld as Hy sy dissipels se voete was – en as Hy sy eie lewe gee.

Natuurlik maak God reëls, maar Jesus leer sy dissipels dat die groot reël die liefde is. En ons sien by Hom dat die liefde versorg, dat die liefde opstaan vir geregtigheid, dat die liefde insluit, dat die liefde heelmaak. God se reëls is nie maar blote reëls om Homself tevrede te stel nie, dis reëls wat mense en gemeenskappe help om heel te word en heel te bly.

Hy is nie bloot die Reëlmaker nie. Hy is veral die Heelmaker.

Met die Reformasiefees vars in die geheue en in die gees van Kersfees is dit gepas om, op grond van die Skrif, ons eie verstaan van wie God is, te ondersoek, en waar nodig opnuut te reformeer.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top