Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Geweld

Hoe behoort gelowiges te reageer op geweld om hulle: geweld op plase teen boere en werkers; geweld in stede deur bendes en ander booswigte; geweld teen vroue en kinders; geweld in al sy vorms teen al sy slagoffers?

Die ou kerkvaders het ’n spreuk in Latyn gehad: “Ora et labora”, oftewel: “Bid en werk.”

Dit is belangrik dat gelowiges tot die lewende God bid om in te gryp. Baie mense getuig vandag nog hoe hulle met Suid-Afrika se politieke oorgang in die vroeë 1990’s gebid het dat God sal keer dat die land oor ’n afgrond stort – en dat hulle dit as ’n antwoord op gebed beleef het dat die oorgang vreedsaam verloop het.

So is dit ook nou tyd om te bid.

Maar wat doen ons as ons klaar gebid het?

Dis belangrik dat ons nie op die geweld reageer deur soos die geweldenaars te word nie: vol haat en woede – al is die versoeking daartoe ook hoe groot.

Dit is belangrik om in sulke tye juis te hou by die instrumente wat Jesus vir ons, sy volgelinge, kom gee het: liefde, diens, genesing – en ’n weerstand teen onreg.

Jesus het die tafels omgekeer van die geldwisselaars wat die armes uitgebuit het. Ons moet ook kreatiewe maniere van protes teen die onreg vind.

Maar ons moet ook die alternatief op daardie onreg uitleef: deur verhoudings te bou, deur projekte wat armoede teëwerk, deur gebroke gemeenskappe te help heel word, deur hande te vat oor grense heen.

In heel konkrete terme gaan dit onder meer oor gro­ter eenheid tussen kerke. Dit gaan ook daaroor dat gelowiges in gemeenteverband én in hulle daaglikse lewe, by die werk en waar hulle ontspan, so leef dat dit nie die gemeenskap verder polariseer nie, maar dat dit begrip en waardering vir mekaar bevorder.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top