Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

"Ek wil die Here loof," skryf die digter aan die begin van Psalm 104. En dan doen hy dit deur onder meer te sê: "U is met 'n kleed van lig omhul." Lig is 'n motief wat meermale in die Bybel met God en God se werk in verband gebring word. Dink maar aan die begin van Johannes 1 waar die koms van Christus in digterlike taal beskryf word. "In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis en die duisternis kon dit nie oorweldig nie." Juis omdat lig so 'n gevestigde simbool vir God en sy werk is, kan 'n dagbreek, soos die een hierbo wat in die Laeveld van Limpopo geneem is, so sterk tot gelowiges spreek. Dit bring lig. Dit bring nuwe moontlikhede, en dit bring skoonheid. Dit is 'n teken van die werk van die Een wat, in die woorde van Psalm 104, "met 'n kleed van lig omhul" is. Foto: Neels Jackson

“U is met ‘n kleed van lig omhul”


Psalm 104 is ’n skeppingspsalm. Die digter sien die grootheid en verskeidenheid van God se handewerk raak en hy staan verwonder daaroor. Hy kan net een ding doen, en dit is om God daarvoor te prys. As gelowige en natuurliefhebber deel Neels Jackson hierdie verwondering en as fotograaf dokumenteer hy van die skoonheid in die skepping waaroor die psalmdigter eeue gelede al vir God geprys het. Deur die psalm en sy foto’s te kombineer, bring Kerkbode vanjaar vir sy lesers ’n reeks bydraes wat presies wil doen wat die Psalmis wil: om God te prys vir sy grootheid.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top