Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Kerk moet meer headlines maak met sy naasteliefde”

“Jesus se lewe was baie omstrede. Ek wens die kerk kan bietjie meer omstrede wees met sy liefde vir mense.”

Só het akteur en musikant Bouwer Bosch onlangs tydens ʼn optrede by die Durbanville Moedergemeente gesê.

Hy en kunstenaars Almero Welgemoed en Danie du Toit, oftewel Reënwolf, het op 20 Januarie daar opgetree.

Bouwer glo dat die kerk omstredenheid by kunstenaars kan leer. “Almal ken die storie van die sondige vrou wat Jesus se voete gewas het. Die storie is ’n voorbeeld van hoe brutally intens Jesus se liefde vir stukkende mense was. Ek dink die kerk moet meer headlines maak vir die manier waarop hulle liefhet,” het hy gesê.

Hy meen ook: “Kunstenaars kan spesifiek help om op hierdie manier te disrupt. Net soos kunstenaars gemeenskappe en denke disrupt moet die kerk ook denke vir die regte redes disrupt.”

https://www.youtube.com/watch?v=gzgdmdh8F38

Ds Wynand Breytenbach, predikant by Durbanville gemeente, sê die “Kerk en Kreatiwiteit”-geleentheid het ontstaan om die verhouding tussen die kunste en die NG Kerk te probeer bevorder. “Die kunstenaars het uit die NG Kerk gevlug en ons probeer ’n plek skep waar die kruis en kuns weer kan ontmoet.” Almero vertel dat hy al baie mense in die kerk teëgekom het wat voel daar is nie plek vir kunstenaars in die kerk nie. Hy sê egter dat die kerk eintlik uit kunstenaars bestaan. “Wanneer ’n predikant ’n preek maak is hy of sy kreatief. Dis ’n vorm van kuns om tekste te neem en dit met praktiese leefwyses te verbind.”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top