Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

So het die heining gister omgespoel voor die kantoorgebou van die Vrystaatse Sinode. Foto: Thea Bosman

Kyk: So het dit by sinodale kantoor verspoel

ʼn Massiewe wolkbreuk het Woensdag werknemers by die Vrystaatse Sinode se sinodale kantore in Wilgehof, Bloemfontein vasgekeer.

“Die Bloemspruit wat langs ons kantoorgebou afloop was in vloed,” sê Thea Bosman, kommunikasiebeampte van die sinode, vanuit ʼn “skoongewasde” Bloemfontein. Die videogreep hieronder is via sosiale media versprei.

Een van die heinings wat die kantoorgebou omhein het selfs omgespoel, verduidelik Thea.

Thea voeg by: “Vir die eerste keer in ʼn lang tyd het ons bietjie opwinding hier in Bloemfontein gehad. Ons het ook net weer besef watter ongelooflike mag water het.”

Die algemene gevoel wat by die sinode heers is dankbaarheid. “Ons is ongelooflik dankbaar teenoor die Here vir die wonderlike genadereën die afgelope twee weke. Alle eer aan Hom!”

Daar het Woensdag sowat 40 mm reën in slegs 30 minute in Bloemfontein geval, het Netwerk24 berig.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top