Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Om ruimte te skep

In 2011 het die dominee ’n break gevat. “In so ’n ander konteks kom diep dink los,” verduidelik sy onlangs.

Dr Marina Strydom is in 2000 by die Ooskerk bevestig en het aan Kerkbode meer vertel oor die storie agter Viam Dei, die spiritualiteitsbediening van die Ooskerk. Foto verskaf

In die daaropvolgende jaar – na harde werk tydens langverlof – het dr Marina Strydom se voorbereiding gestalte gekry as konsepprogram wat gelowiges ’n ge­leentheid bied “om te groei op ’n dieper pad met God”. Haar werk as leraar, by Oos­kerk in Pretoria, is juis spiritualiteitsbediening, so dis nie asof sy nou van koek na brood moes gaan nie. Dit was in haar lyn en mense het gevolg. Vanuit die gemeente, maar ook vanuit Bronkhorstspruit, Delmas, Johannesburg, om te kom leer oor spiritualiteit. Wat is dit? “Die ma­nier hoe ek met my persoonlikheid en ge­loofsverstaan God in my lewe alledaags ervaar,” sê Strydom na agt jaar se ervaring met hierdie roeping van haar: Viam Dei, heet dit. “Ons wou graag ’n bediening op die been bring wat selfversorgend is – nie die gemeente geld kos nie,” vertel sy. Daar is lidmate wat die kursus oor en oor doen. Daar is mense uit ander geloofsgemeenskappe. ’n Klomp mense is nie kerklik nie, vertel sy. “Een van die groot goed wat ek geleer het (is) daar’s baie te sê as God besig is … dan fasiliteer ’n mens net ’n ruim­te.” Hoekom vertel ek dié storie hier? Want dit resoneer met my en dit wat ons – op eenvoudige vlak – die afgelope 18 uitgawes in Kerkbode probeer doen het. Om ruimte te skep en plek oop te hou. Om stories met stories in te nooi.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top