Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Neels Jackson

Die roem van die Here

Die uitsig oor die Blyderiviervallei in Mpumalanga met die Drie Rondawels wat daaroor troon en die Laeveld wat in die verte sigbaar is, het ikonies geword omdat dit so asemwegslaanmooi is. Dit is hierdie soort verwondering wat die digter van Psalm 104 teen die einde van die Psalm uitjubel. Deur die loop van die psalm sien hy God se grootheid en roem in soveel verskillende aspekte van die skepping raak: die wind en die weerlig, die strome water uit die fonteine en in die valleie, die wilde diere, die voëls en die mens wat deur God versorg word. Daarom dat hy aan die einde van die psalm juig: “Mag daar aan die roem van die Here geen einde wees nie. Mag die werk van die Here Hom vreugde verskaf. Hy wat na die aarde kyk, en dit bewe, wat die berge aanraak en hulle brand. Ek wil tot die eer van die Here sing so lank ek lewe, ek wil die lof van God besing solank ek daar is.”

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top