Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Afsondering: Bedinging kom vir pastorale sorg

Kerkleiers staan saam om te onderhandel oor die mate waartoe afsonderingsmaatreëls pastorale sorg beperk.

“Tydens ’n ontmoeting tussen kerkleiers en die president op 26 Maart is die versekering gegee dat die regering maniere sal ondersoek om dit vir kerke moontlik te maak om veral aan die kwesbares, die sterwendes en die bejaardes pastorale sorg te verleen, sonder om die noodwendig streng wette en regulasies teen die beweging van mense te oortree,” het dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, gesê.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) is ook in die proses om ’n digitale platform vir kommunikasie aanlyn te kry, volgens Claassen. “In hierdie moeilike tyd sluit die SARK by ander Suid-Afrikaanse organisasies en geloofsgemeenskappe aan om te dien en ’n bron van vertroosting vir God se mense te wees. In hierdie gees is die SARK besig om ’n Lockdown Pastoral Plan op te stel, wat gegrond is op die pilare van kommunikasie, versorging, verligting, ondersteuning en voorspraak (advocacy). Die NG Kerk speel ’n geweldig belangrike rol in hierdie pogings van die SARK in terme van kundigheid, demografie en materiaal.”

  • Vir meer inligting hieroor, besoek die NG Kerk se spesiale info-werf.
  • Die amptelike Suid-Afrikaanse koronavirus-webwerf is nou 100% gratis. Geen lugtyd is nodig om toegang tot die webwerf te verkry en die nodige inligting te kry nie. Die datavrye weergawe kan verkry word by https://coronavirus.datafree.co

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top