Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Koronavirus

Paasfees: Meer mag aanbid, maar wees versigtig – Ramaphosa

Godsdienstige saamtrekke oor Paasfees mag nou 250 mense huisves – of 500 waar dit buitemuurs plaasvind. Met ’n jaar se stryd teen die Koronavirus agter die rug, het pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners Dinsdagaand te midde van toegewings teenoor die geloofsgemeenskap en inperkings rondom drankgebruik gemaan om meer versigtig as ooit te wees tydens saamtrekke oor […]

Paasfees: Meer mag aanbid, maar wees versigtig – Ramaphosa Lees verder

Koronavirus Nuus
Wyle ds Kobus Potgieter, oud-moderator en oudste leraar in die NG Kerk, hier tydens die Algemene Sinode van 2015 saam met prof Nelus Niemandt, toe ook moderator van die Algemene Sinode. Foto's: Verskaf

Oudste NG leraar (99) sterf

Ds Kobus Potgieter is op 18 Augustus in die ouderdom van 99 jaar oorlede. Hy was die oudste predikant in die NG Kerk. Hy het enkele dae voor sy afsterwe positief getoets vir Covid-19. Sy gebede om na die Vaderhuis te gaan is verhoor. Suster Nicky van Lynnwood-oord skets vir ons die aangrypende toneel toe

Oudste NG leraar (99) sterf Lees verder

Koronavirus Nuus
Ds Nioma Venter. Foto's: Verskaf

‘Ek was g’n geloofsheld, net ’n sterflike mens’

Daar is mense wat baie sieker is as wat ek was. Ek het dit in die hospitaal rondom my gesien en gehoor en ek is baie bewus daarvan wanneer ek al die berigte van mense se siekte en dood op Netwerk 24 en sosiale media lees. Ek was en is gelukkig en ek is baie

‘Ek was g’n geloofsheld, net ’n sterflike mens’ Lees verder

Koronavirus Op die kerkstoep

Besluit om te sorg in ’n gevaarlike tyd

Een van die skrikwekkendste dinge wat tydens die piek van Covid-19 in Italië en New York gebeur het, was dat dokters moes “God speel”: Hulle moes besluit wie word behandel en wie nie, wie sterf en wie leef. Die besluit om mediese sorg aan ’n persoon in ’n kritieke toestand te gee of te weerhou,

Besluit om te sorg in ’n gevaarlike tyd Lees verder

Gestuur Koronavirus
Foto verskaf

Dominee preek “volle liturgie” uit sy motor

Die NG gemeente Cedarville-Matatiele in KwaZulu-Natal het op Sondag 28 Junie ’n inry-erediens gehou. Dié nuwe manier van kerk hou het gekom na die regering op 26 Mei streng regulasies vir eredienste ingestel het. Ds Sydney Saayman, emerituspredikant by die gemeente, het die diens vanuit sy motor waargeneem. Hy vertel: “Ek het die diens met

Dominee preek “volle liturgie” uit sy motor Lees verder

Koronavirus Nuus

Eredienste: Soet en suur van nuwe manier

Einde Mei het gemeentes die groenlig vir klein eredienste by die regering gekry. Ons hoor meer by gemeentes wat kerkdeure oop­gemaak het. In Port Elizabeth sê dr Willem Wiid, predikant by NG gemeente Parkheuwel, dat die gemeente uitgehonger was vir die saamwees van gelowiges. Hy vertel dat die virtuele kerkdienste nié die gevoel van saamwees

Eredienste: Soet en suur van nuwe manier Lees verder

Koronavirus Nuus

Sielkundige druk op leerders en die ‘nuwe normaal’ vir onderwysers

Die heropening van skole na die staat van inperking kan verdere druk plaas op leerders se geestesgesondheid, berig MARIETJIE WARRINGTON. Die “hersiende” skoolomgewing wat nou gekenmerk word deur die dra van maskers, skep van sosiale afstand, deurlopende gesondheidsmonitering en noodgedwonge kliniese omgewing kan bydra tot verhoogde angsvlakke, depressie en ’n verlies aan selfvertroue. Van die

Sielkundige druk op leerders en die ‘nuwe normaal’ vir onderwysers Lees verder

Artikels Koronavirus

KYK: ‘Videobomb’ tydens leraar se opname

Dit is weke se Zoom-vergaderings, WhatsApp-berading en preke via regstreekse Facebook-websendings … Met grendeltyd wat soveel eise ook aan dominees se tegnologiese vermoëns stel, is dit miskien onafwendbaar dat daar iewers ’n glips sou kom. Maar wie sou nou kon dink dat ’n pastoriekat hiervoor verantwoordelik sou wees. Ds Jampie Nel van die NG gemeente

KYK: ‘Videobomb’ tydens leraar se opname Lees verder

Koronavirus Nuus
Die nagmaaldiens op 14 Junie het amptelik van 15:00 tot 18:00 geduur en ds Wimpie Wasserman en sy span het vooraf sowat 1 000 wegneemhouertjies vir die bediening van die sakramente bestel. Foto: Jan Steyn

Deurry-nagmaal: ‘Ons wou lúister; en nie worsmasjien wees’

Drie bedienings-“bane” is die afgelope Sondag in ’n parkeerarea van ’n gemeente in Krugersdorp uitgemerk vir iets wat ’n mens jou kwalik in pre-Korona-tye sou kon voorstel: ’n Deurry-nagmaaldiens, kompleet met musiekbegeleiding deur ’n eensame kitaarspeler op ’n verhogie en op ’n erg veilige afstand. “Ons het vir mekaar gesê, dit moenie voel soos ’n

Deurry-nagmaal: ‘Ons wou lúister; en nie worsmasjien wees’ Lees verder

Koronavirus Nuus Video
Prof Stephan Joubert vra vir prof Piet Naudé (inlas regs bo in foto) vrae na afloop van Naudé se sessie oor die verhouding tussen die ekonomie en teologie tydens die nuwe werklikhede wat die Koronavirus-pandemie bring by ’n e-konferensie wat deur ekerk op 11 Junie aangebied is. Foto: Skermgreep via YouTube

VIDEO: ‘Die vrae wat Job gevra het, vra ons ook nou’ – Piet Naudé

“Die dapperste gelowiges is Christen-besigheidsmense. Dit is maklik om te glo as jy elke maand ’n salaris kry, maar dis moeiliker om te glo as jy skuld aangegaan het, ’n nuwe bedryf begin het en nou jou gesin in die oë moet kyk.” Só sê prof Piet Naudé, direkteur van die Bestuurskool by die Universiteit

VIDEO: ‘Die vrae wat Job gevra het, vra ons ook nou’ – Piet Naudé Lees verder

Koronavirus Nuus Video
Ons het ’n erediens gehou met 87 mense teenwoordig, ons het gesing, ons het saam koffie gedrink en popcorn geëet – alles elkeen in sy eie motor, vertel ds Koos Nel van Pretoria. Foto: Louis Bezuidenhout

‘Die Here het ons eredienste weer teruggegee!’

Om die terugkeer van eredienste uit die ballingskap van inperking te vier, het die NG Gemeente Haakdoorn in Pretoria alles gedoen wat ons nie mag nie, maar sonder om een wet te oortree, vertel ds Koos Nel. Ons het ’n erediens gehou met 87 mense teenwoordig, ons het gesing, ons het saam koffie gedrink en

‘Die Here het ons eredienste weer teruggegee!’ Lees verder

Koronavirus Nuus

‘Hierdie apps dra my deur grendeltyd’

Watter slimfoontoepassings gebruik jy om jou deur ure se inperking te kry? Hetsy om produktief te wees, verveeldheid hok te slaan of geestelik te groei. MARLI VAN EEDEN het ’n paar jongmense gaan vra. Moira Etsebeth (26), hon­neurs­student in siel­kunde aan Unisa [aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Moira-Etsebeth.jpg” caption=”Moira Etsebeth” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”] “Ek is mal oor Pinterest,

‘Hierdie apps dra my deur grendeltyd’ Lees verder

Koronavirus Nuus
In Pretoria woeker Hanco Louw (13) met weggee-maskers.

Groot impakstories kan piepklein begin

Bea du Toit (10) voeg nog ’n R50-noot by die pakkie geld in haar A5-koevert. Bo-op, met swart pen, het haar ma geskribbel: “Geld vir dominee Alex. Maak-jou-kas-skoon-pro­jek.” Die R50 is vir ’n hopie klere wat sy in die plaaswinkel op hulle plaas in die Koue Bokkeveld aan werknemers teen ’n donasie-bedrag beskikbaar gestel het.

Groot impakstories kan piepklein begin Lees verder

Artikels Koronavirus

Pleidooi uit ‘hotspot’: Moenie eredienste hervat

“Geen gemeente kan op hierdie stadium die veiligheid van lidmate waarborg nie en nog minder weet gemeentes wat die regsaanspreeklikheid sal wees, indien ’n lidmaat die virus by die kerk sou opdoen,” lui een van die punte in ’n verklaring wat deur een van die NG Kerk se tien streeksinodes uitgereik is te midde van

Pleidooi uit ‘hotspot’: Moenie eredienste hervat Lees verder

Koronavirus Nuus
In die video-onderhoud hieronder praat ds Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, oor wat hy dink van die groter selfregulering wat nou deur die regering aan kerke en ander geloofsorganisasies toegestaan is. Foto: Argief

Eredienste: Maak eers góéd gereed, maan SARK

“In ‘n laat verklaring het die Suid Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) sy lidkerke aanbeveel om, indien hulle kerklike byeenkomste sou wou oorweeg, sowat vier tot 12 weke te neem om behoorlik gereed te maak,” het dr Gustav Claassen op Vrydag 29 Mei gesê. “Die rede is om seker te maak dat met al die

Eredienste: Maak eers góéd gereed, maan SARK Lees verder

Koronavirus Nuus

Dag van gebed: NG Kerk wil ook virtueel saamtrek

Op Sondag 31 Mei word daar ’n virtuele gebedsbyeenkoms op Microsoft Teams in die NG Kerk beplan. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa op 26 Mei, tydens ’n regstreekse uitsending, Sondag 31 Mei as ’n nasionale biddag tydens die koronavirus-pandemie verklaar het. In dieselfde toespraak het Ramaphosa aangekondig dat kerklike byeenkomste tydens Vlak 3 onder

Dag van gebed: NG Kerk wil ook virtueel saamtrek Lees verder

Koronavirus Nuus

Dankbaarheid én kommer voor dienste hervat

Dit was nie een kerk of godsdiensgroepering wat die regering laat besluit het om die verbod op eredienste voorwaardelik vanaf 1 Junie te lig nie. Dit was ’n soort groepsbedinging, as ’n mens luister na president Cyril Ramaphosa, wat vroegaand op 26 Mei aangekondig het dat saamtrekke van minder as 50 mense onder streng maatreëls

Dankbaarheid én kommer voor dienste hervat Lees verder

Koronavirus Nuus

By watter diskoers vind jy aanklank?

In 1845 kom Austen Henry Layard, ’n Engelsman, in Mosul, die tweede grootste stad in vandag se Irak aan en begin in 1849 met opgrawings daar. Sy ontdekking van die Lagis-muurpane­le en die bekend Taylor-prisma in die paleis van koning Sanherib het groot opgewondenheid tot gevolg gehad. Koning Hiskia van Juda word in die Taylor-prisma,

By watter diskoers vind jy aanklank? Lees verder

Koronavirus Verstaan die Bybel
Scroll to Top