Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Paasfees: Meer mag aanbid, maar wees versigtig – Ramaphosa

Godsdienstige saamtrekke oor Paasfees mag nou 250 mense huisves – of 500 waar dit buitemuurs plaasvind.

Met ’n jaar se stryd teen die Koronavirus agter die rug, het pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrikaners Dinsdagaand te midde van toegewings teenoor die geloofsgemeenskap en inperkings rondom drankgebruik gemaan om meer versigtig as ooit te wees tydens saamtrekke oor Paasnaweek. 

“We have considered several factors, including presentations by the religious community on precautionary measures they have put in place for the anticipated gatherings,” het Ramaphosa in ’n regstreekse uitsending gesê. “Given the relatively low transmission levels, we have decided to keep the country on coronavirus Alert Level 1.” 

Die implikasies vir eredienste lyk as volg: 

 

Dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk, het die praktiese riglyne benadruk wat Ramaphosa in sy toespraak aan die nasie oorgedra het. 

Diegene wat Godsdienstige saamtrekke bywoon, word gevra om nie saam te drom buite plekke van aanbidding nie en moet huiswaarts keer na afloop van verrigtinge, het Ramaphosa in die kalm, afgemete manier gesê wat sy aanpak met hierdie uitsendings die gekenmerk het sedert die aanvang van die pandemie, wat reeds die lewens van meer as 52 000 Suid-Afrikaners geeïs het. 

Ramaphosa se afsluitingswoorde was: “At this time, when the Easter message of hope, rebirth and renewal finds expression in the lives of so many of us, let us please take care.”


[scribd id=501029245 key=key-lcJCXWICueF1saSRfa5c mode=scroll]

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top