Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto verskaf

Dominee preek “volle liturgie” uit sy motor

Die NG gemeente Cedarville-Matatiele in KwaZulu-Natal het op Sondag 28 Junie ’n inry-erediens gehou. Dié nuwe manier van kerk hou het gekom na die regering op 26 Mei streng regulasies vir eredienste ingestel het. Ds Sydney Saayman, emerituspredikant by die gemeente, het die diens vanuit sy motor waargeneem. Hy vertel: “Ek het die diens met ’n volle liturgie hanteer. Die lidmate het die diens en die boodskap treffend en spesiaal ervaar. Daar was ook informele kontak en samesyn tussen die
motors,” vertel Saayman. Die gemeente beplan om vanuit hulle motors kerk te hou totdat minder streng regulasies intree.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top