Watter slimfoontoepassings gebruik jy om jou deur ure se inperking te kry? Hetsy om produktief te wees, verveeldheid hok te slaan of geestelik te groei. MARLI VAN EEDEN het ’n paar jongmense gaan vra.
Moira Etsebeth (26), honneursstudent in sielkunde aan Unisa
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Moira-Etsebeth.jpg” caption=”Moira Etsebeth” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]
“Ek is mal oor Pinterest, ’n app waarop allerlei foto’s, prentjies en idees uitgeruil word. Ek soek gewoonlik nuwe resepte daarop omdat ek mal is oor kosmaak. Ek maak elke dag kos waarvan ek die resepte omtrent almal op Pinterest gekry het. Ek probeer allerhande nuwe fancy disse, want ’n mens raak maar verveeld vir dieselfde kos oor en oor. Ek hou ook daarvan om te bak, veral nou tydens lockdown is daar meer tyd daarvoor. Ek het al so baie koekies gebak!
“En dan Mr Delivery vir die dae wat ek wel nie lus is vir kosmaak nie! Nou dat ons mag kitskos koop tydens Vlak 3 van die inperking het ek beslis hierdie app al meer begin gebruik. Ek dink ook dit is goed om plaaslike restaurante gedurende hierdie moeilike tye te ondersteun waar ’n mens kan.
“Ek gebruik ook die oefen app SWEAT, waarop ek oefenprogramme van die bekende Australiese fiksheidsinstruktrise Kayla Itsines volg. Hulle het nou oefenprogramme waar hulle meer fokus op oefeninge wat jy by die huis kan doen met min gym toerusting, so dit is perfek vir lockdown terwyl ’n mens nie na die gym toe kan gaan nie. In die oggende tussen 6 uur en 9 uur gaan stap ek dus en dan daarna doen ek ’n paar van die oefeninge sodat ek my dag op die regte noot kan begin.”
Reinhart Buenk (27), ingenieur
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Reinhart-Buenk.jpg” caption=”Reinhart Buenk” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]
“Tydens die inperking het ek nogal baie die app LinkedIn begin gebruik wat op die beroepswêreld gefokus is. Dié app help my om in aanraking te bly met wat in die beroepswêreld aangaan. Dit is ook lekker om nou my CV aanlyn op datum te kry terwyl ek meer tyd op hande het. Ek doen ook aanvullende kursusse in my veld om my vaardighede op te skerp terwyl dinge by die werk op die oomblik stiller is as gevolg van die inperking. Sodoende voel dit vir my ek benut my tyd produktief.
“Ek hou ook van die Bible App omdat dit nie net die Bybel vir ’n mens aanlyn met die klik van ’n knoppie bied nie, maar ook handige Bybelleesplanne het om te volg. Hierdie Bybelplanne help my om Bybelstudie te doen terwyl ’n mens nie tans in selgroepies bymekaar mag kom nie.”
Leo Cordom (21), honneursstudent in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Leo-Cordom_Credit-Jenna-Lemmer.jpg” caption=”Leo Cordom. Foto: Jenna Lemmer” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]
“Die app wat ek seker die meeste op die oomblik gebruik is NetNuus. Verder geniet ek dit om sosiale media apps soos Facebook, Twitter en Instagram te gebruik omdat dit my die geleentheid bied om te sien wat in al my klasmaats se lewe aangaan en met hulle te connect nou dat ek hulle nie in persoon kan sien nie. Dié apps bied vir my ’n geleentheid om vir ’n oomblik te ontsnap van die realiteit wat ons tans in die gesig staar omdat dit soms oorweldigend kan raak.
“Ek is mal oor TikTok, ek dink dis beslis een van die nuutste giere onder die jeug! TikTok is basies ’n app waarop jy kort video’s deel, enigiets van video’s waar jy ’n dansie doen, video’s waarop jy saam met liedjies lip sync of karaoke, of selfs snaakse video’s soos video’s waar jy iemand ’n poets bak. Dis lekker om te sien waarmee almal opkom, of om jou eie video’s te maak. Die app bied ure se vermaak as ’n mens verveeld is.”
Marguerite Wolfaardt (24), sosiale media-bestuurder en joga-instruktrise
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Marguerite-Wolfaardt.jpg” caption=”Marguerite Wolfaardt” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]
“Ek is mal oor DuoLingo, ’n app wat ’n mens kan gebruik om ’n nuwe taal aan te leer. Ek is tans besig om Spaans te leer omdat ek nou meer tyd tot my beskikking het gedurende lockdown. Die app is ongelooflik, daar is soveel verskillende tale om van te kies – selfs inheemse tale van Hawaii wat besig is om uit te sterf.
“Ek het my joga-opleidingskursus voltooi en bied graag jogaklasse aan, maar aangesien ek nie op die oomblik jogaklasse in persoon kan aanbied nie, gebruik ek die conference call app Zoom daarvoor. Soos wat mense dit vir vergaderings gebruik, so gebruik ek dit om aanlyn jogaklasse aan te bied waar almal wat die klas bywoon dan van hulle huis af inskakel.
“Ek hou ook nogal van TikTok, dis lekker om jou niche te vind en dan kreatiewe videos te maak.
“En Houseparty is lekker om met jou vriende op te vang en ‘bordspeletjies’ te speel gedurende hierdie tyd.”
Wilné van Rooyen (21), honneursstudent in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Wilne-van-Rooyen_Credit-Jenna-Lemmer.jpg” caption=”Wilné van Rooyen. Foto: Jenna Lemmer” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]
“My go-to app is Spotify, ’n app waarop ’n mens musiek en podcasts kan luister. Ek is mal oor musiek en gebruik hierdie app omtrent 24/7. Wanneer ek ’n studiebreuk neem, gaan ek dadelik op Spotify en snuffel vir liedjies of groepe wat ek nog nie ken nie, ek noem dit sommer ‘navorsing’. Spotify gooi jou musiek saam in playlists volgens die tipe musiek wat jy gewoonlik na luister, so op dié manier ontdek jy nog meer musiek wat jy dalk nie ken nie. Ek weet nie hoe ek lockdown sou oorleef sonder Spotify nie. As dit nie daarvoor was nie sou ek lankal my kop verloor het!
“Ek het ook Pinterest onlangs meer begin gebruik. Partykeer is daar regtig inspirerende aanhalings daarop waarvan ek hou en dit sit my sommer in ’n goeie bui vir die dag. Dit is vir my ontspannend om die app te gebruik en lekker om die prentjies waarvan jy hou in kategorieë te groepeer en om later dan weer deur alles te kyk. Ek gebruik Pinterest ook wanneer ek teken, want ek soek inspirasie en idees daarop.
“Ek gebruik ook Tumblr, wat soortgelyk is aan Pinterest, om inspirasie en idees te versamel vir projekte wat ek wil aanpak.”
Nienke Osborne (24), meesterstudent in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch
[aesop_character img=”https://kerkbode.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/2/2020/06/Nienke-Osborne.jpg” caption=”Nienke Osborne” align=”right” width=”250px” force_circle=”off” revealfx=”off”]
“Ek het die app Tasty afgelaai en is versot daarop. Dit is basies ’n app wat vir jou leer kosmaak van scratch af, so dis perfek vir iemand soos ek wat absoluut niks weet van kosmaak nie. Hulle neem jou stap-vir-stap deur alles, gee vir jou die inkopielysie, en daar is selfs video’s van hoe om die disse te maak. Dit maak die lewe baie maklik.”
“Dan het ek ook Mr Delivery en Uber Eats gebruik vir daai dae wat ’n mens net lus is vir wegneemetes – soms is ’n mens net doodeenvoudig té lus vir daai pizza, burger of sushi!”
“Wattpad is ook ’n lekker app waarop ek afgekom het. Dit is ’n app waarop aspirant-skrywers stories publiseer en ’n mens dit dan kan lees. Ek is mal oor lees, so hierdie app is beslis een van my gunstelinge. Dit is ook ’n goeie platform vir skrywers om hulle werk onder die oë van uitgewers te kry en sodoende die kans te kry om hulle werk gepubliseer te kry.
“En dan die dating app Tinder! Want dit is darem een manier om nuwe mense te ‘ontmoet’ gedurende lockdown! Dis nogal entertaining, party mense stuur terrible pick-up lines en ’n mens kan daarom nie anders as om te lag nie. Jy hoef ook nie noodwendig die app te gebruik vir ‘dating’ doeleindes nie, dis net ’n lekker manier om mense te ontmoet. Jy kan dit duidelik maak op jou profiel dat jy slegs geïnteresseerd is daarin om nuwe mense te ontmoet en nie noodwendig ’n pasmaat nie. Dis regtig pret en sorg vir baie vermaak.”
